Man gevonnis oor mishandeling van robwelpie

Marius Tredoux (met die pet) sit voor die hof. Foto: Swartland- en Weskus-DBV.

Die jong man van Velddrif in die Wes-Kaap wat ʼn robwelpie in ʼn video op sosiale media gruwelik mishandel het, het ʼn opgeskorte vonnis met streng voorwaardes in die landdroshof op Laaiplek ontvang.

Marius Tredoux (20) is tot tien maande tronkstraf, opgeskort vir drie jaar, gevonnis en is ook vir tien maande onder korrektiewe huisarres geplaas. In dié tyd mag hy slegs sy huis verlaat om te gaan werk, mits hy wel werk het.

Tredoux mag ook nie in die volgende drie jaar aan ʼn soortgelyke misdaad skuldig bevind word nie, hy mag nie visvang of naby die see of strand kom nie en mag nie alkohol of dwelms misbruik nie.

Tredoux het verlede maand op verskeie aanklagte van dieremishandeling skuldig gepleit. Die klagte teen sy medebeskuldigde, Rynard van den Heever, is vroeër weens onvoldoende bewyse teruggetrek. Hy het die gebeure op video vasgelê en niks gedoen om dit te keer nie.

Die selfoonvideo van die hulpelose robwelpie wat op brutale wyse teen die kant van ʼn boot verbrysel word, het verlede jaar wêreldwyd opslae gemaak. Die dier is ook aanhoudend met ʼn skerp voorwerp in die gesig geslaan terwyl die mans op die boot Tredoux luidkeels in kru-taal aangemoedig het. Die video is glo in Desember 2017 verfilm.

‘n Skermskoot uit die opspraakwekkende video.

Abrie Bester van Velddrif het die video op Facebook geplaas nadat dit toevallig op sy selfoon beland het, waarskynlik toe dit elektronies van ʼn ander foon af oorgedra is. Hy het dit eers ses maande ná die voorval gesien toe hy sy foon skoongemaak het.

Die bekendmaking van die video het Bester duur te staan gekom. Drie van sy vier honde het een na die ander gevrek nadat hulle waarskynlik vergiftig is. ʼn Vierde een se hart is selfs uitgesny en is langs die hond op straat gelaat. Die DBV het ʼn beloning van R8 000 aangebied vir inligting oor die honde se dood. Bester het ook ʼn klag by die polisie gelê nadat daar by sy huis ingebreek is.

Die Swartland en Weskus DBV wat die saak teen Tredoux aanhangig gemaak het, het Bester bedank dat hy die voorval openbaar gemaak het en ʼn betroubare getuie was al is hy glo gedreig. Ook die landdros is bedank vir die “weldeurdagte” vonnis wat opgelê is.

“Laaiplek is ʼn klein vissersgemeenskappie en die DBV vertrou dat die gemeenskap dit dadelik by die owerhede sal aanmeld as Tredoux enige van die voorwaardes oortree,” het die dierebeskermingsvereniging in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Andries Visagie ·

Vat so! Mos gedink dis ‘n grap om ‘n dier te mishandel.

Ronell ·

Ek stem lewenslank,mens moet sulke wrede mense van die strate af weghou,volgende is dit n vrou of kind

charmaine ·

Goed so n goeie voorbeeld. Hy moes eintlik vir nog swaarder straf vir n jaar lank in n dieretuin gaan werk het. Duidelik was hulle onder die invloed van iets. Skande!

@charmaine ·

Nee genugtig sy soort hoort nie naby diere nie! Nie eens onder toesig nie. Hy kan net die leë hokke skoonmaak ja.

melanie ·

Ek is dankbaar dat hy nie heeltemal skotvry weggekom het nie, maar het tog gehoop op n ernstiger strenger straf.. Dis skrikwekkend hoe mense so ongevoeloos teenoor kwesbare diere kan optree en net oor die vingers getik word..

Maritza ·

Hy moes tronkstraf kry vir n paar jaar!!!! Die is nie genoeg vonnis nie. Dink net die vrees , lyding en pyn wat daai welpie moes he???

Samantha ·

Ek se mos, ‘n oog vir ‘n oog. Wonder of hy hom ook so rammetjie uitnek sal gedra as hy tronk toe moes gaan.

Gerrit ·

Tredoux se moeilikheid is geboek. Kriminele rekord gaan hom oral jaag.

At ·

Tredoux se ouers is seker baie trots op hul seun se prestasie. Klink of hy vorentoe baie moeilikheid kan verwag.

Elsabé Hardy ·

At, as dit my seun was, het ek hom persoonlik half dood geslaan oor sy wrede daad teenoor ‘n onskuldige dier, en dan sou ek die regter gevra het om seker te maak dat hy ‘n behoorlike straf kry, en nie ‘n tikkie oor die vingers soos nou nie. Al is dit my kind, sal ek NOIIT, maar NOOIT blind wees vir sy foute nie, en my kind sal grootgemaak word met die wete dat daar konsekwensies is vir besluite wat jy neem…goeies of slegtes.

Siener ·

Elsabe. Ek hoop van harte dat jy GEEN kinders het nie. n Sadis slaan sy eie kinders half dood. Die woord ouer word verdien

Cherokee ·

Self al was jy net ‘n siener se dinges sou jy geweet het dat Elsabe bloot ‘n ou geykte uitdrukking gebruik het om te verduidelik hoe sterk sy daaroor voel.

se net! ·

Straf is te lig!!
Moet vir n Jaar DBV werk doen en mag glad nie self n hond of n kat besit nie,nie eers n budgie nie !Die soort verander nie! Sulkes sukkel met karakter probleme! Dis sulkes wat altyd probeer om pêle te beindruk deur diere seer te maak of mense te beledig!!

@se net! ·

Ek verstaan nie hoekom mense dink dit is ‘n goeie idee dat ‘n dieremishandelaar by die DBV of enige ander plek waar diere wat reeds getraumatiseer is moet gaan “werk” nie. Hulle moet baie ver van diere af wegbly!! Hy kan toilette gaan skrop.

Pikkiwyn ·

PJ stem saam. As dit by sulke dinge kom is ek ook vlekloos. Ook dankie

Samantha ·

straf is te lig. Hy moet so behandel word. Die Bybel praat van ‘n oog vir ‘n oog. Hy is walglik verby, wonder net hoe behandel hy sy eie diere?? dink net hoe sal hy sy vrou of dogtertjie of selfs meisie behandel.

Theresa ·

Moet nie altyd die ouers insleep as ‘n kind iets verkeerds doen, dit is alles groepsdruk wat kids laat doen wat hulle doen. Ek is seker sy ouers net soos ek probeer my kids na die beste van hulle vermoëns grootmaak. Arme ouers.. hoe kyk hulle ander in die gesig en kry nie skaam vir wat hul kind gedoen het nie.

blouapie ·

Die straf is hopeloos te lig. Volwasse man wat so teen diere optree verdien die slegste!

Nita ·

Absoluut walglik dat mense so gemeen kan wees teenoor diere. Ek het nie woorde nie.

Adri ·

Ek sal ook se lewenslank…of soos Lizelda gese het…gooi die ding vir die haaie…maar kap hom ook so paar keer eers teen die boot. you can tell a lot about a person in the way they treat animals…ek hoop nie hy het n meisie, vrou of kinders nie.

Heidi ·

@ oepsie Gaan nie oor klippe gooi nie. Dis die psige wat n probleem is. As jy genot daaruit put om n lewende wese seer te maak is daar lelike issues. Gaan lees gerus oor reeksmoordenaars.

Adelle ·

Kry skaam om te sien sulke mense praat dieselfde taal as ek… SIES…

Siener ·

Ek kan nie glo dat daar soveel haat is as ek die komitaar so lees. Nie eers op berigte van plaasanvalle waar mense doodgemaak en gemartel is word sulke komitaar gelewer nie. Maroela kan gerus die delete opsie gebruik.

Uncle Buck ·

Ek wonder maar net die mense wat sulke wrede strawwe vir die man uitdeel, hoe lyk die geraamtes in jou hangkas. Hoop nie dit word van die dakke van huise af verkondig nie. Wat het geword van jy wat soner sonde is, gooi die eerste klip. Dit raak tyd dat ons, ons hande bietjie in eie boesem steek. Nie een is vlekkloos nie

Siener van hier ·

SIENER wat stel jy voor wat moet mense se oor so iets? Hmmmm, dink jy diere het minder reg in die wereld as iemand wat sulke dinge aanvang sonder gewete?

PJ ·

Ja hy moes swaarder gestraf gewees het. Swak opgevoede klein mannetjie.

Oop Oge ·

Ek hoop jy is vlekkeloos voor die aangesig van God ten opsigte van jou mense vehoudinge…dit sluit vriende, familie en alle ander rasse om jou in….
Geen “liefde vir diere” gaan enige mens vryspreek van “jy moet jou naaste liefhe soos jouself” nie.

Gaitsigubib ·

Nee ek dink dit het baie tedoen met opvoeding. Dit mag wees dat hy besonder goeie ouers het maar iewers het hulle opgeslip.

Oop Oge ·

Dis absoluut skokkend om die geestelike vlak van die mense waar te neem uit die kommentaar.
Die Here Jesus stel n moordenaar vry van sy skuld aan die kruis en die “mens” ag `n stomme dier hoër as `n siel van God (ongeag sy morele status) en dit terwyl `n dier geen siel het nie en slegs dien vir kos.

Die daad word verseker nie geregverdig nie, maar wat die howe oplê as `n straf, kom van die Here af.
Aan die eenkant kla die mense as die howe se strawwe te lig is vir moorde ens. , maar vir `n dier is die hel los….terwyl daardie selle mense nie `n saak het hoe `n skaap of bees of vis of ander gedierte geslag moet word vir die bord nie.

Nie `n wonder dat God toegelaat het dat die vyand alles kom wegvoer en vernietig nie, want die mens se geestelike vlak het gedaal tot op vlak zero.

@Oop Oge ·

Is dit nou die diere se skuld as mense nie genoeg kla oor moord volgens jou nie?? Wat dink jy gaan so ‘n mishandelaar aan jou of jou kind doen as almal nou maar stilbly oor die mishandeling??

Chris ·

Oop Oge! Op watter plek is jy predikant en in watter geloof? Gaan preek eerder Sondag vir jou gemeente daar en nie vir ons mense by Maroela Media nie! Onthou net, want lyk my jy besef dit nie. Die diere op die aarde is ook deur HOM geskape, so niemand het die reg om hulle vir die genot daarvan dood te maak, of te beseer op enige manier nie.

SêmaarnetEen ·

Oop Oge
Gaan lees die Skrif met oop oge. Hy verdien net vergifnis as jy werklik jammer is oor jou dade en jou weë verander. Hy het nie eens gesê hy is jammer nie.

Suzette Geringer ·

Die straf is beslis te lig.
Wat ek nog altyd sê… hoe ‘n persoon teenoor ‘n dier optree sê baie van jou karakter……

Petrus ·

Stem saam met Theresa, Boervrou en humor, glo die Ouers is netsó seergemaak agv die daad.

Hoekom ·

Dis baie hartseer … hoe doen n mens so iets ? N dier maak nie saak watter spesie nie het ook n reg om te lewe…As jy nie n dier persoon is nie gee dit jou nie reg om hulle seer te maak nie hulle is n geskenk van God nie n vloerlap nie !

Mag hy al sy dae kry ! Sies !

Johan ·

Hy moes tronkstraf gekry het wat hom werklik vir tenminste 2 jaar in die tronk moes hou sodat ander bang sal wees om diere te mishandel. Hierdie straf beteken vir so persoon niks.

@ Oop Oge ·

Of n dier n siel het of nie dit maak nie saak nie !

Dit begin by n dier ….more doen hy dit aan n mens !

Elsabé Hardy ·

At, as dit my seun was, het ek hom persoonlik half dood geslaan oor sy wrede daad teenoor ‘n onskuldige dier, en dan sou ek die regter gevra het om seker te maak dat hy ‘n behoorlike straf kry, en nie ‘n tikkie oor die vingers soos nou nie. Al is dit my kind, sal ek NOIIT, maar NOOIT blind wees vir sy foute nie, en my kind sal grootgemaak word met die wete dat daar konsekwensies is vir besluite wat jy neem…goeies of slegtes.

Sies! ·

Elsabè, ek en jy klink of ons van dieselfde stoffasie gemaak is. Ek sou sy vingers een vir een gebreek het en hom vir ‘n week laat opsluit het in die tronk sodat hy kan sien wat in tronke aangaan. As hy ‘n diertjie so kan mishandel en doodmaak, dan wee ek die dag wat so mannetjie vrou vat en eendag kinders het. Ja, ek blameer nie altyd die ouers nie, want dit is net deur genade van God wat ons ons kinders grootkry. Hy is al mos mooi groot genoeg om sy eie keuses te maak, of is ek verkeerd?

Corne ·

Maar wat van die intimidasie, deur wie is dit gepleeg? Word daar nie ondersoek gelas nie? As dit die skuldige was, behoort die straf nie swaarder te wees nie? Dit beteken ook daar is geen skuldgevoelens nie, nog probeer toesmeer!

se net! ·

Oop Oge,die bybel wys ook”Die regverdige sien om na sy huisdiere!” Dit sê vir my dat God sal jou as n regverdige beskou as jy alle lewe respekteer! Die mens is deur God aan gestel om oor die diere te heers!
Glo nie dit was wat hy ingedagte gehad het nie!!!

se net weer! ·

Oop Oge,die bybel wys ook”Die regverdige sien om na sy huisdiere!” Dit sê vir my dat God sal jou as n regverdige beskou as jy alle lewe respekteer! Die mens is deur God aan gestel om oor die diere te heers!
Glo nie dit was wat hy ingedagte gehad het nie!!!

Christien vd Westhuizen ·

Ai dit lyk of hy berou het die daad wat hy gepleeg het is wreed maar moet hom nie so uitkryt as n gemors nie dis n kind van ouers hoe moet hulle voel kom ons bid vir hulle asb

Skoolgeld ·

Julle kruisig die arme man so ek voel al jammer vir hom! Hoop almal wat so tekere gaan, dalk nie self eendag so geoordeel word nie?

Laila ·

Ag Skoolgeld asb. jy voel jammer vir ‘n diere mishandelaar?!

Ig ·

Ek het nog altyd n motto, gee iemand drank in tot hy lekker dronk is, daai dronk persoon is die regte persoon.

Christa ·

Elsabe EK stem saam. Hy sou daardie selfde dag die Pak van Sy lewe gekry het. Hy Moet juis by SPCA Gaan werk on te leer wat liefde vir diere beteken. As hy so teen diere optree hoe tree Hy teen Sy mindere op. Hy hoort after tralies

Elna ·

Baie kom deesdae weg met verskoning : Sorry I was on drugs, I can’t remember.

Robslaner ·

Paar jaar terug is ons betaal in weskus om robbe dood the maak….vreet vis….nou?

Oop Oge ·

…nou, …nou is almal stil…:))

Duidelik het die mens hulle emosionele balans langs die pad verloor……

@Robslaner ·

Heng daar is ‘n REUSE verskil tussen getalle uitdun en ‘n weerlose dier vir die GENOT daarvan mishandel!! Die man was vol drank en dwelms man!! Waar is jou menslikheid??

Dr Friggo ·

Ons leef ongelukkig in samelewing waar mense meer omgee vi diere as hulle medemens. Wat hierdi jongman gedoen het is onaanvaarbaar en jy hy moet gestraf word maar om hom doodstraf toe te wens. Ek gee om vi di vrou wat haar kleuter verloor het in ongeluk, nadat dronk bestuurder in haar vasry, weg hardloop van tonneel. En dan opgeskorte vonnis en R35 000 fine kry. Ons justice system fail on elke dag en dus hukoem di misdaad in SA nooit af sal neem nie.

Sies!! ·

Marius, hierdie tannie wil niks sleg oor jou uitspreek nie want woorde kom waar: die begin van jou geweld teenoor ‘n welpie is die begin van jou wreedheid en mishandeling van jou gesin, eendag. Hoop maar nie jy trou of het eendag kinders nie.

Kerrie ·

Maak wat jy wil ….

Oor minder as n honderd jaar staan hy voor God die Skepper.
.
.

Ruby ·

Sy straf is te lig. Hy moet saam met die DBV met mishandelde diere werk, die liggie sal aangaan.

MAAR ek stem wragtig nie saam dat sy diere vergiftig en oopgesny was nie, hulle is net so onskuldig soos die klein rob.

Daardie mense wou hom ‘n les leer maar het hulself skuldig gemaak aan dieselfde gru daad as die jong man.

Kobie ·

Ek stem volkome… as hy dit kon doen kan hy moor!!!!!! So ons sien hom oor ‘n paar in die hof vir moord op sy ouers of meisie of dalk albei……. Dis mos wat met mense gebeur in Suid Afrika….. weldadigheid maak dat hy op borgtog uitgelaat word net om te kyk of jy dit die tweede of derde keer beter en erger en grusamer kan doen…..

Regtig ·

Liewe oop Oge – regtig jy skok my! kyk na die wreedgeit van die mens wat jy so oor kerm. Jy kan vergiftnis vra daar is steeds consequences, as dit nie dier was nie en dis kind wat hy dit aan gedoen het sou jou reaksie moontlik anders wees, as jy so iets aan diere kan doen, Hart uit sny, regtig dink jy almal moet nou “siestog en jammer voel” geen sonde is groter as ander sonde nie maar dis is wreed en wreed is evil.. volgens my moet hy gemartel word en sy hart op pad wees langs sy lyk!

@Regtig ·

Toemaar die Oop (Toe) Oge is klaarblyklik meer begaan oor mense wat onsteld raak oor dieremishandeling as die wat dit pleeg. Preek vir die skare maar het self seker nog nie eens een gebedjie opgestuur vir die beskerming van diere en weerloses of vir die mishandelaars se siele. Iemand wat te veel tyd op hande het en te min emosionele intelligensie.

sipho ·

Genade mense
Julle spoel almal julle bekke uit oor die man se fonnis.Ek stem saam hy was verkeerd en gekry wat hom toekom.
Verkragters en moordenaars kry ligte vonnisse en waar is julle dan om iets te se.

C ·

Iemand moet hom dieselfde behandeling gee!! Hom ook so in sy gesig slaan en rond gooi! Jy verdien nie om ‘n naam op hierdie aarde te he nie!

Franje ·

Daai walglike, smerige, oordrewe stem agter die kamera is vir my amper erger! Gril…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.