Man gevonnis oor porno met jong seuns

Argieffoto

Argieffoto

Dylan Gouws (23) is Woensdag in die landdroshof in Port Elizabeth gevonnis. Hy is tot agt jaar tronkstraf gevonnis in verband met 108 foto’s met kinderpornografie.

Gouws is in Maart verlede jaar in hegtenis geneem nadat hy foto’s geneem het van jong seuntjies se geslagsdele. Daar is op sy kamera beslag gelê en foto’s van die seuns is op dié kamera gevind.

Daar is ook pornografiese foto’s en eksplisiete tekenprente op sy rekenaar se hardeskyf gevind. Gouws is vroeër vanjaar skuldig bevind op vier aanklagte rakende die vervaardiging en besit van kinderpornografie. Hy het skuldig gepleit op die aanklagte teen hom.

Landdros Thandeka Mashiyi het in haar uitspraak gesê sy moet die belange van die gemeenskap in ag neem. Sy het gesê die uitbuiting van die kinders het “ontplof” in die huidige digitale area en dat pornografie ʼn gruwelike en kwaadwillige misdaad teen kinders is.

Die ma van ʼn sewejarige seun was Woensdag in die hof. Sy beweer Gouws het haar seun in 2014 seksueel aangerand. Volgens die vrou is haar seun ná die voorval baie teruggetrokke en vertrou hy nie mans nie.

Die kind se ouma het Gouws glo op heterdaad betrap waar hy die seun betas. Sy is egter dieselfde jaar dood en die saak is teruggetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lindie ·

Dit is kommerwekkend dat perversie so ongelooflik toeneem, ek is bitter jammer vir die kinders. Sukkel om so persoon se psige te probeer verstaan…net abseluut geen redenasie maak sin nie!

Kobus ·

Stem….sluit hul vir ewig weg….VIR EWIG….roei perverse dade met wortel en tak uit….

Mel ·

Hul verdien ni om di daglig ooit weer te sien ni, hul maak deel uit van di skuim van di aarde! Dis verby siek, di kinders verstaan ni waarom en hoekom dit aan hul gedoen word ni, dood onskuldige kindertjies wat vir di res van hul lewe met di letsel loop!

Denise ·

Dit is SIEK !!!! Mel en Kobus ek stem volkome saam met julle onskuldige kinders se lewe verwoes deur n man wat geen beheer het oor homself nie hy het defnitief nie n gewete nie en is gevoelloos vir ander se pyn en lyding!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.