Man gevonnis oor student se moord

Argieffoto

Zolile Mfeketho (20) is Dinsdag in die Port Elizabeth-streekhof gevonnis in verband met die moord op ʼn student aan die Nelson Mandela-Universiteit.

Asadullah Ajimudin (19) is in Augustus met ʼn krieketkolf aangerand by sy huis in Summerstrand. Hy het gelê en slaap toe inbrekers toegeslaan het. Mfeketho is in September 2016 in hegtenis geneem op aanklag van roof met verswarende omstandighede.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê Mfeketho is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is skuldig bevind op aanklag van roof met verswarende omstandighede, maar nie op aanklag van moord nie. Hy het skuld beken op aanklag van roof, maar ontken dat hy die student vermoor het.

Niemand anders is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, het Naidu bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.