Man gevonnis oor vals Facebook-advertensies

Argieffoto (Foto: Gerd Altmann/Pixabay)

Marius Smit (27) is vandeesweek in die Bloemfonteinse streekhof skuldig bevind en gevonnis op aanklag van bedrog.

“Dit spruit uit ʼn voorval wat op 3 Julie 2019 plaasgevind het toe die Valke in Bloemfontein inligting ontvang het oor valse advertensies op Facebook waar voertuie te koop aangebied word,” het kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê.

Smit het deposito’s geëis van voornemende kopers vir petrolgeld of ʼn fooi om die voertuig af te lewer. “Die slagoffers het die geld dan deur middel van ewallet of geldmarkooplasings aan hom oorbetaal. Smit sou dan die geld onttrek en nooit die voertuie aflewer soos ooreengekom nie.”

Die Valke het ondersoek ingestel en Smit is in Botshabelo opgespoor en in hegtenis geneem toe hy kontant by ʼn kitsbank onttrek het. Hy het ʼn paar keer in die hof verskyn voor hy skuldig bevind is.

Die hof het hom tot drie jaar direkte tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Foefie ·

Ek vermoed dis ook die uitvaagsel wat ‘n container aan my goedgelowige man verkoop het sowat 8 jaar gelede. Die gaafste jongman wat jy jou kan voorstel. Vriendelik en innemend. En net mooi beloftes. Ons wag vandag nog vir die container wat net nooit opgedaag het nie.

Danie ·

Hy het nou drie jaar in die tjoekie om sy talent te verfyn.

Belinda ·

Ek dink daar is meer as net een persoon wat so skelm is op facebook.
Ek betaal COD – as ek nie die goods met my eie oe sien ens nie, kry jy nie n sent nie. Mens kry maar n paar naiewe (jammer vir spelling) mense wat natuurlik glo wit mense is nie skelm nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.