Man gevonnis oor verkragting van 14-jarige seun

(Argieffoto: Kent Williamson)

Lunga Rashaga (49) is in die Sterkspruit-streekhof lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is op aanklag van verkragting.

Luxolo Tyali, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, het gesê Rashaga het die aand van 7 Januarie 2017 ʼn tradisionele seremonie bygewoon by die huis van die 14-jarige seun in Bamboespruit naby Sterkspruit.

“Rashaga het die seun en sy ouer broer na sy huis gelok onder voorwendsel dat hulle ʼn spesiale tipe tabak sal gaan haal wat hulle dronker sou maak, omdat hulle nie meer gewone bier oorgehad het nie,” het Tyali verduidelik. “Toe die ouer broer homself gaan verlig het, het Rashaga die deur gesluit, die seun oorweldig en hom verkrag.”

Toe die ouer broer terugkeer, het Rashaga vir hom gesê hy het die 14-jarige winkel toe gestuur om lugtyd te gaan koop en het geweier om die deur oop te maak.

“Die ouer broer was agterdogtig en het sy ouma geroep. Hulle het die deur oopgebreek en op die angsbevange 14-jarige afgekom. Sy mond was toegebind. Hy het gesê hy is verkrag.”

Rashaga is in hegtenis geneem, maar is vrygelaat op borgtog. “Toe die saak by die streekhof aangehoor moes word, het hy gevlug en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik. Hy is in Desember 2020 aangekeer en het in aanhouding gebly tot die saak afgehandel is.”

Rashaga het skuld ontken. Volgens hom het die bure die storie opgemaak, omdat hulle hom haat.

Staatsaanklaer Loyiso Methuso het die getuienis van die slagoffer en die ouma gelei en hulle kon die hof oortuig dat die man skuldig is.

“Die hof kon nie enige beduidende omstandighede vind om af te wyk van die minimum voorgeskrewe vonnis vir die verkragting van ʼn minderjarige nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hardekwas ·

En dit is die mense wat stemreg het om te kies wie ons moet regeer.

Hasie ·

Hoe kan ‘n 14 jarige toegelaat word om alkohol te gebruik ? Hoop die seun word kry behandeling vir die aanval op hom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.