Man gevonnis oor vermiste student se moord

Lethukuthula Ngobese (Foto: Care for UZ Girls, Facebook)

ʼn 52-jarige man is in KwaZulu-Natal gevonnis vir die ontvoering en moord op ʼn 21-jarige student van die Universiteit van Zululand.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Bhekuyise Mngoma is Dinsdag in die Mthunzini-hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklag van moord en vyf jaar op aanklag van ontvoering.

Die hof het gehoor hoe Lethukuthula Ngobese verlede jaar vermoor is. “Lede van die gemeenskap het op 2 September 2017 die polisie ontbied in verband met ʼn onwelriekende reuk van ʼn informele huis in die omgewing. Polisiebeamptes het op ʼn vrou se ontbinde liggaam afgekom. Sy het steekwonde gehad.”

Die Esikhaleni-polisie het ʼn saak van moord ondersoek. “Die liggaam is uitgeken as Lethukuthula Ngobese, ʼn student aan die Universiteit van Zululand wat op 29 Julie 2017 verdwyn het. Die beskuldigde, die eienaar van die huis, was nie tuis toe beamptes op die liggaam afgekom het nie,” het Zwane verduidelik.

Mngoma is later in hegtenis geneem en aangekla van ontvoering en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Thinus Erasmus ·

So hierdie Moordenaar se werkgewer, sy vrou/familielede se werkgewers, en enige ander besighede wat sake met hul gedoen het, moet nou ook saam gestraf word! O ….. was daar nie so iemand nie, ag dan moet hul maar sommer sy bure en hond maar saam straf.
En ja, alle instansies en organisasies moet nou dadelik hul afkeur en verwerping van moord verkondig, ……………………nou hoekom is julle almal so stil?
O, moord is nie so erg nie; iemand het erens op ‘n eiland die verkeerde woord gespreek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.