Man gevonnis vir 95-jarige se verkragting, moord

Argieffoto.

Die hooggeregshof in Bloemfontein het ʼn man effektief 22 jaar tronkstraf opgelê nadat hy ʼn 95-jarige vrou verkrag en sy later dood is weens rookinaseming nadat hy haar kombuis aan die brand gesteek het.

Die oorledene was op 30 November 2013 alleen tuis in Boithuso, Botshabelo, nadat haar seun en skoondogter na ʼn tradisionele seremonie in die woonbuurt gegaan het.

Die 33-jarige Teboho Ishmael Sarel het toegang tot die huis verkry deur ʼn ruit wat hy gebreek het en geld van die bejaarde geëis. Nadat sy gesê het sy het nie geld nie, het hy begin rondkrap op soek na waardevolle items.

Hy het enkele stukke juweliersware gekry en die 95-jarige vrou toe ontklee en verkrag. Daarna het hy na die kombuis gegaan, dit aan die brand gesteek en hom uit die voete gemaak.

Bure het rook uit die huis sien kom en die slagoffer se seun in kennis gestel. Die polisie, ʼn ambulans en die brandweerdiens is ontbied. Danksy brandbestryders se flink optrede kon die brand geblus word voor dit verder deur die huis versprei het.

Die slagoffer is na ʼn plaaslike hospitaal gebring waar sy later aan rookinaseming gesterf het.

Die polisie het sake van huisbraak, verkragting, brandstigting en moord ondersoek. Met die gemeenskap se hulp kon hulle Sarel binne twee dae opspoor. Forensiese bewyse wat van die beskuldigde gekry is, het hom met die misdade verbind.

Die hooggeregshof in Bloemfontein het hom Donderdag drie jaar tronkstraf vir huisbraak opgelê, agt jaar vir verkragting, drie jaar vir brandstigting en 22 jaar vir moord. Hy sal die vier vonnisse gelyklopend uitdien.

Kol. Mosiuoa Raliopane, waarnemende bevelvoerder van die Selosesha-polisiegroepering, het die ondersoekbeampte, Mokgotsi Maputle, geloof vir sy harde werk om die beskuldigde se skuldigbevinding te verseker. Hy waarsku voornemende oortreders die polisie sal geen genade betoon aan misdadigers wat vroue en kinders mishandel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Komaan ·

Ek wag vir die Womens League, BLF en EFF se kommentaar hierop. Ook vir die DA en die ANC s’n .. of wag ek verniet?

Jacques ·

Komaan – Daai organisasies is net daar as daar wit mense betrokke is , kyk maar die nuutste Dros voorval . Dit bly nogsteeds siek . Ek dink daar is n klas mens wat die regering geskep het wat heeltemal siek geword het , waarvan , is n baie groot veld en spektrum maar ja .

Cherokee ·

Miskien sal die DA-stemmers in hierdie forum op jou wag antwoord. Dit is egter te betwyfel.

Michael ·

Hoekom gee hulle hom 22 jaar hy het dan net n moord gepleeg en n ou weerlose tannie verkrag is dit dan n oortreding in SA ? wonder maar net as n mens kyk wat dees dae in ons land aan gaan.

Domvraag ·

Hy sit net 8jaar want die vonisse word gelyktydig uitgedien. Na 5jaar kan hy vry wees agv goeie gedrag?
Is dit regverdig. Verkrag n 95jarige vrou en veroorsaak haar dood? Hoe belaglik om n oortreder met 22jaar gesamentlik te vonnis en dan word dit gelyktydig uitgedien. So of jy een doodmaak of honderd, die tronkstraf is dieselfde.

Verbysterd ·

Die insident het in 2013 gebeur. Hy is twee dae na die verkragting reeds opgespoor.Hoekom het dit so lank geneem om hom te vonnis?

El ·

Wil ek oom weet.
50jr. Harde arbeid is meer gepaste vonnis sonder parool.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.