Man gevonnis vir baba se verkragting, moord

Argieffoto

WAARSKUWING: Die berig bevat grafiese besonderhede en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

ʼn 29-jarige man het Dinsdag emosieloos in die beskuldigdebank van die hooggeregshof in Johannesburg gestaan toe hy gevonnis is vir die verkragting van en moord op ʼn 14 maande oue babadogtertjie.

Die man het die kind en haar ma in September 2015 in Tembisa ontvoer, waarna hy die baba in ʼn veld verkrag en vermoor het. Hy is twee lewenslange vonnisse hiervoor opgelê. Hy is ook tot ʼn bykomende tien jaar tronkstraf gevonnis wat gelyklopend met sy ander vonnisse uitgedien sal word.

“Die manier waarop hierdie misdade gepleeg is, toon dat die beskuldigde geensins omgegee het vir die baba nie en haar liggaam sommer net so in ʼn veld gelaat het. Wat hy gedoen het, was brutaal,” het regter Bashier Vally tydens vonnisoplegging gesê.

Die beskuldigde, wat oorspronklik van KwaZulu-Natal af kom, het vroeg skool verlaat en later ʼn taxibestuurder in Johannesburg geword. Vally het gesê die man kon geen versagtende omstandighede toon waarom die hof van die minimum voorgeskrewe vonnisse moet afwyk nie.

“Hy hou vol dat hy nie die misdade gepleeg het nie en toon geen berou nie. Hy is in 2008 aan huisbraak skuldig bevind,” het die regter gesê.

Die baba se ma en ʼn maatskaplike werker het ter verswaring van vonnis getuig. Die ma het gesê sy is getraumatiseerd en kan nooit die beeld uit haar geheue wis van haar babadogtertjie se kaal liggaam in die veld nie. “Die ma word steeds elke dag deur hierdie beeld gepynig,” het Vally gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Liberaal ·

Liberale waardes bepaal dat die man nie beledig of sleg behandel moet word nie. Liberale waardes het tot die opkoms van anargie gelei want misdadigers soos die se regte moet eerbiedig word.

Theresa ·

Ontvoer en hy is ‘n taxidrywer.
Word daar enigsins vooraf kriminele rekords nagegaan wanneer mense publieke vervoerdienste lewer??
Is die lisensie waarvoor publieke vervoermense kwalifiseer MEER as net die gewone lisensie of betaal mens net meer of die PDP te kry???
Hoe word die sielkundige staat van die drywers met meer as 10 menselewens per rit, bepaal voordat hul hierdie werk mag doen?

Liberaal ·

Dit word mos beskou as skending van menseregte om te veel in mense se rekords na te gaan volgens liberale krimineleregte.

snoefie ·

alle sterkte aan die moeder. ai laat ek hiermee volstaan.

LB S ·

Minimum voorgeskrewe vonnis, 25 jaar? Toemaar, hy sal na 12 jaar uitkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.