Man gevonnis vir bejaarde se wurgdood

Pats Truter. Foto: Verskaf/Lizelle Lotter Photography

Die seun van Pats Truter, die 79-jarige vrou wat verlede jaar in haar huis in Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo vermoor is, sê hy het reeds die dag ná sy ma se moord haar moordenaar vergewe.

Mashadi Alfred Tladi (28) is verlede week in die hooggeregshof in Polokwane skuldig bevind en gevonnis vir die moord op Truter. Hy is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord en ʼn bykomende vyf jaar tronkstraf vir roof. Hy is ook tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir betreding en dié vonnis sal gelyklopend saam met die moordvonnis uitgedien word. Hy sal dus effektief 20 jaar tronkstraf uitdien.

Tladi het voorheen as tuinier vir Truter gewerk. Maroela Media het vroeër berig Truter se liggaam is op 3 Februarie 2017 in die motorhuis van haar huis in Gholfpark, ʼn veiligheidswoonbuurt op die dorp, aangetref. Haar hande was oor haar bors gevou en twee handdoeke en ʼn mat uit die huis is gebruik om haar liggaam te bedek. ʼn Dun nylontou, waarmee sy verwurg is, was nog om haar nek.

Mashadi Alfred Tladi tydens sy inhegtenisneming. Foto: Heritage Protection Group

Dr. Jan Truter, Pats se seun en predikant verbonde aan die Nederduits Hervormde kerk Letsitele, naby Tzaneen, het Maandag aan Maroela Media gesê hy het sy ma se moordenaar vergewe selfs nog voor hy geweet het wie dit is. “Dit was die verskriklikste ding van my lewe, maar ek het hom dadelik vergewe. Ek moes dit doen ter wille van myself – ʼn mens kan nie aanbeweeg as jy nie vergewe nie.”

Truter is vol lof vir die ondersoekspan wat die saak ondersoek en Tladi enkele dae ná die moord vasgetrek het. Hy meen ook die hofverrigtinge het uiters doeltreffend verloop en die regter het die saak uitstekend hanteer. “Van dag een af was die polisie se betrokkenheid by hierdie saak briljant. Ek kan hulle net uit my hart uit loof vir alles wat hulle gedoen het. Mens hoor dikwels dat mense ontevrede is met die polisie se ondersoek by sulke sake, maar hier kan ek regtig net sê ek is heeltemal tevrede,” het Jan gesê.

Hy het bygevoeg hy is dankbaar dat die regter hom die geleentheid in die hof gegee het om direk met Tladi te praat. “Dit was beslis moeilik om die hofsaak by te woon, veral toe ek [Tladi] die eerste keer sien,” sê hy.

“Ek het hom in sy oë gekyk en vir hom gesê, wat jy aan my gedoen het, het my hart gebreek, maar ek vergewe jou. Ek vergewe jou en ek spreek jou vry. My wens vir jou is dat jy deur hierdie hele proses sal besef wat jy gedoen het. My wens is dat jy Jesus Christus in die tronk sal ontmoet.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Amanda ·

sal hom nooit maar nooit vergewe nie maak nie saak wat nie

Koos B ·

Dit was sekerlik ‘n drukfout.Dit kon nie 15 jaar wees nie want die doodskis dief lewe nou te lekker en die ouens het 15 jaar gekry.Die arme vrou is wreed vermoor !!!!!!!

Carien ·

Sjoe Ds Jan, jy is ‘n baie goeie mens en dis wat God van ons vra, om te vergewe. Dis altyd net nie so maklik nie. Mag jou moeder in vrede rus.

Veritas ·

Jy moet net vergewe wanneer die oortreder opreg berou toon en dan om vergifnis pleit. Nêrens word van jou verwag om iemand, wat jou onreg aangedoen het, summier te vergewe nie.

Martie. ·

Wat de hel !!! Nadat sy ma so gruwelik vermoor is ! Nee Meneer, n oog vir ñ oog, (doodstraf) dan eers sal ek kan vergewe. PUNT

Ronel ·

Mnr. Truter. U is ‘n baie beter mens as wat ek is/ seker sal wees. Ek weet nie of ek dit sal kan regkry om so persoon te kan vergewe nie. Ek is uit my hart jammer oor die verlies van u ma en veral ook omdat u haar op so manier aan die dood moes afstaan.

Chrisjan ·

Dr Jan, jou weergawe van vergifnis verskil van die Bybel. Onvoorwaardelike vergifnis bestaan net in ‘n liberale sprokieswereld.

André van R. ·

15 jaar vir ‘n moord? En die doodskis saak? Ag, hulle is blankes ?

honourable member ·

Jou hart is groot. Ek sal nooit so mens kan vergewe wat my geliefde se lewe verkort het nie. Sulke mense voel maar net niks vir n medemens nie.

Ai tog ·

Dr. Jan se vergifnis vir die moordenaar kom vir my ‘bietjie te gou’…
‘ n Dag na sy Moeder se dood? Weet darem nie…

danie ·

Nee wat dr Jan dink jy vir een oomblik hul sou jou vergewe nee ou maat hul sou jou huis brand jy sal swaar kry jy en jou mense ek dink ons vegewe te vinnig (ek het 4 geliefdes verloor in n plaas aanval in 2016 een 9 jaar oud en ek sal die skuldiges nooit kan vergewe nie

Johan. H. ·

Vergewe,,,,Dis hoekom hulle oor ons loop, hoop jy vergewe more se moordenaar ook,

Danie ·

Ek kan dit nie glo nie seker omdat jy n groot kerk mens is Ek het in 2016 4 geliefdes verloor in n plaas moord die jongste 9 jaar oud ek is ook n kerk mens maar se nou vir jou vergifnis vir daai wat dit gedoen het nooit in my lewe nie

Goeie voorbeeld ·

Liewe Ds. Jy is voorwaar n goeie mens. Vergewe is wat mens moet doen. En jy het… Ek weet nie of ek dit so gou en so maklik sou kon doen nie, maar verstaan ook dat om te haat net jou eie lewe vernietig.
Gelukkig hoef jy aan niemand hier op MM te verduidelik nie, hulle hoef nie saam te stem nie, hulle kan jou maar oordeel…. Op die ou end is dit n saak tussen jou en God.
Ek glo jy was lief vir jou ma, maar liewer vir God.

Ai tog ·

Dr. Jan vergewe baie gou.Net een dag Ná sy Ma so gruwelik vermoor is.
Gewone mense sou in absolute angs,trauma en weersin Verkeer het,na die feite van die saak.
En hy is bereid om een dag later alles te vergewe?

Atta ·

Ware Christelike vergifnis beteken nie jy keur dit wat deur die betrokke persoon gedoen is, goed nie. Vergifnis is nie iets wat verdien kan word nie, dit kan net gegee word. Die vergifnis wat Christus vir almal aanbied kan ook nie verdien word nie. Vir die persoon wat nog nooit die vergifnis, wat Christus vrylik skenk, wou aanvaar nie maak die konsep van vergifnis glad nie sin nie. Oor ‘n paar dae is dit Goeie Vrydag. Vir wie was dit goed? Vir Jesus wat ‘n marteldood gesterf het? Beslis nie! Dis goeie nuus vir my en vir JOU sodat ons God se oordeel kan vryspring. Maar dan moet jy dit glo, want as jy dit as bogstories verwerp of dink dat jy nie Sy vergifnis nodig het nie, diskwalifiseer jy jouself van God se genade. Dis nie ‘n saak van opinie nie, dis ‘n saak van geloof. Daar is ‘n groot verskil. Haal nou maar daai QWERTY gewere oor en skiet my af… ;-)

Peet J ·

God die Almagtige, Skepper van Hemel en Aarde en alles wat daarin is asook die uitspansel wat Hy Hemel genoem het, het volgens Sy woord uitdruklik gesê jy mag nie ‘n ander persoon se lewe neem nie maar as jy tot so- iets in staat is moet jy ook gedood word , jou oog moet nie, die persoon wat die daad gepleeg het, verskoon nie .

Afrikaanse Knaap ·

Ek sou hom ook vergewe.
Vergifnis is vir die een wat tenagekom is.
Wat goed kan uit ‘n weerwil vir ‘n ander kom?
Die wraak kom ons nie toe nie.

Jesus kind ·

Het julle nie dalk gedink dis Jesus se Gees wat in hom woon wat hom die krag gee om te vergewe en nie hy as mens nie? Want Jesus vergewe die moordenaar. Sy woorde is wat my tref; sy wens dat die moordenaar Jesus ontmoet. Ons dink so baie aan onsself en nie dat díé mense desperaat Jesus kort nie. Is ons doel op aarde nie om ander te wys wie Jesus is deur Hy wat in ons woon? Ek het hierdie liefde al eenkeer tevore gesien in ‘n soortgelyke geval – Hettie Briitz. Vergifnis maak jou vry.

Abbie ·

Johannes 20:23: As julle mense hulle sondes vergewe, word dit hulle ook deur God vergewe, as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie

Yvonne ·

Sjoe , ek lees die kommentaar en ek dink sommige van julle is onnodig. Hoe weet julle wat in die man se binneste aangaan. Dit is tragies van sy moeder en elkeen verwerk trauma op sy eie manier. Om te se hy is skeinheilig en ook te verwys na die grote van sy erfporsie is by gebrek aan n beter woord walglik!!

Fritz ·

Ek stem saam dat die oordeel God toekom. Ek is egter meer as bereid om daai ontmoeting te reël.

Danie van Zyl ·

Dis darem so maklik om te moor vir 20 jaar se verniet lewe. Hy hoef nie nou meer te werk nie. Is dit wat die lewe van ons gemeenskap vir hulle werd is 20 Jaar???????

Piet ·

Ag nee dis sommer niks dat nog n oumens verurg word nie, gaan vra maar die majoor. Ons moet hulle almal vergewe totdat daar nie een blanke oorbly in die land nie.

SA Moordmuseum ·

Ja, moord op bejaardes op sulke wrede maniere is uniek tot SA en daarom kan daar baie aandag op gevestig word deur n SA moordmuseum te skep wat die wereld se aandag op moord en marteling van bejaardes kan bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.