Man gevonnis vir besit van kinderpornografie

hof-hamer

Argieffoto

Jacobus Pieter de Wet is tot ʼn effektiewe tien jaar tronkstraf gevonnis vir die besit van kinderpornografie.

De Wet (44) het op 26 Junie 2019 sy selfoon in ʼn apteek in Umhlali, noord van Durban, vergeet. “Die selfoon is gevind en die polisie is kennis gestel nadat daar video’s en foto’s met kinderpornografie op die selfoon gevind is,” het kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, gesê.

De Wet is opgespoor en in hegtenis geneem. “Die speurders van die provinsiale eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het die saak ondersoek en ʼn goed voorbereide dossier na die hof gestuur vir vervolging.”

De Wet is Donderdag in die KwaDukuza-streekhof skuldig bevind en gevonnis. Sy naam sal ook in die register vir seksuele misdrywe opgeneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieter Rubeus ·

Jammer om te sê, maar die feit is hy is net die gebruiker en die werklike oortreders is nog op vrye voet. Ek sien nêrens dat die persone verantwoordelik is vir die pornografie ondersoek of in hegtenis geneem is nie.

Elsabe ·

Die netwerk is so groot en diep weggesteek. Maar ek is seker die SAPS ken die drade en paadjies. Gewoonlik sit die gemors Oos of in Europa. Slinks en Slu.

Persheks Adri ·

Ek keur NIE sy optrede goed NIE en sal ook nooit pornografie goed keur nie. Die punt wat ek wil maak is dat moordenaars borg kry vir R5 000, uniforms kry ‘n tikkie oor die vingers met opgeskorte vonnisse en die blanke persoon moet 10 jaar gaan sit. Niks maar niks maak sin nie! Ek ruik rassisme tussen al die berigte deur of is dit net ek?

Punisher ·

Kleur hang beslis af van die vonnis. Hoor wat jy sê en ja dit regverdig nie sy optrede nie glad nie, maar ek verstaan jou punt Adri

Delia ·

Moet asb nie rassisme in die vonnis sien nie. Dis mense soos hierdie wat die aanvraag na kinderpornografie in stand hou.
Dink vir een oomblik as dit jou klein dogtertjie of seuntjie op sy foon was.
10 jaar te min.

Gemaskerde Sopbeen ·

Sluit maar toe. Soos ek verstaan bestaan die gemelde register nog nie of iets derglike onlangs in die nuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.