Man gevonnis vir Bethlehem-moord

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Man is vandeesweek in die Bethlehem-landdroshof in die Vrystaat tot lewenslange tronkstraf gevonnis in verband met die moord op ʼn man wat in 2017 met klippe aan sy voete langs ʼn dam gevind is.

Die liggaam van Ally Deogratis, oorspronklik van Burundi, is op 1 November 2017 aan die oewer van die Liebenbergsvleidam naby Bohlokong in die provinsie deur ʼn verbyganger gewaar. Die liggaam was met tou vasgebind en klippe is aan sy voete vasgemaak.

Dít volg nadat Deogratis (28) op 25 Oktober daardie jaar as vermis aangemeld is. Deogratis het ten tyde van sy verdwyning in Bethlehem gewoon.

Lwazi Zamisa (25) en ʼn tweede verdagte is later in verband met die moord vasgetrek. Konst. Puleng Lebakeng, polisiewoordvoerder, sê Zamisa is skuldig bevind aan die moord op Deogratis, terwyl die tweede verdagte vrygespreek is.

Lebakeng kon nie bevestig wat die motief agter Zamisa se moord was nie.

Die polisieondersoek het getoon dat Deogratis reeds dood was toe sy liggaam in die dam gestort is. Die tou en klippe is vermoedelik aan die liggaam vasgemaak sodat dit tot onder in die dam kon sink. Dit is steeds onduidelik hoe die liggaam op die oewer beland het, het Lebakeng gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarie ·

‘Lebakeng kon nie bevestig wat die motief agter Zamisa se moord was nie’. Ek dog Deogratis is vermoor? En wat is die vonnis dan? Die hoofopskrif laat dit klink of die vonnis in die berig sal wees.

sweiz ·

Lewenslank=15 jaar ,amnestie en oorvol tronke vry oor 3 jaar.

Verwarde leser ·

@Sarie,
Ja wonder ek ook – wie is oorlede en wie is die verdagte. Moes paar keer lees en dink die berig is nie heeltemal mooi na gegaan nie.

Abe ·

Sarie en Verwarde Leser,
Lyk my daardie sin “Lebakeng kon nie bevestig wat die motief agter Zamisa se moord was nie” is die sondebok, dit moet lees “..Deogratis se moord..”

Cherokee ·

Abe, dit is dalk nie net jy, Sarie en die Verwarde Ene wat daaroor verward is nie nie. Verwarring kan selfs verder strek indien dit gedebatteer word of dit Zamiesa wat die moord gepleeg het of Deogratis wat vermoor is, se moord was. Dit kan ‘n interessante debat oplewer.

Abe ·

Cherokee,
Juis. Ons moet liewer nie so n debat begin nie. Net nou is ons almal verward.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.