Man gevonnis vir Bfn-tiener se gru-moord

Noeline Koekemoer. Foto: Verskaf

Noeline Koekemoer. Foto: Verskaf

Die man wat die 15-jarige Noeline Koekemoer op 7 April in haar ouerhuis in Bloemfontein wreed verkrag en vermoor het, is Dinsdag in die plaaslike hooggeregshof gevonnis.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het gesê Moses Maoka (37) is twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moord en verkragting van Noeline. Hy is ook tot ʼn bykomende nege jaar tronkstraf gevonnis op drie aanklagte van huisbraak.

Noeline se ma, Natasha Mans, het haar liggaam in ʼn plas bloed op haar slaapkamervloer aangetref. Noeline en haar ma het in ʼn woonstel op ʼn kleinhoewe in Bainsvlei gewoon.

Gedurende die verhoor het Maoka aan die hof erken dat hy die oggend by die huis ingebreek het, waarna hy die jong meisie verkrag en verwurg het. Maoka was voorheen ʼn werker op die kleinhoewe en het Noeline en haar ma geken.

Marope het vroeër gesê Maoka was ten tyde van die moord uit op borgtog nadat hy voorheen skuldig bevind is op ʼn aanklag van gewapende roof.

Lees alle vorige berigte oor Noeline Koekemoer op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Ja ne ·

Ek hoop hy vrot in die trunk. Tog sal seker na 2jr weer op parool uit wees.

Oops ·

Ek hoop hy vrot in die trunk. Maar parool sal seker binne 1jr toegestaan word.

Sarel Strydom ·

2 x Lewenslange(25jaar) Vonisse wat klaarblyklik gelyktydeig uitgedien sal word. Beteken 25 jaar waarvan hy gedeelte sal sit en dan op parool vrygelaat word sodat hy dit weer kan doen. Dit is hoe ek dit verstaan, lig my asseblief in as ek verkeerd is.

Gerhard v D ·

Ek dink jy’s heeltemal reg. Kyk, hy WAS dan op parool toe hy die grudade gedoen het. Hoe siek kan alles nog word

Reinette Rautenbach ·

Dankie aan die regter vir n regverdige vonnisoplegging.
My hart bloei vir die mamma.

Piet Pompies ·

Hoe is dit moontlik dat ‘n persoon iemand kan doodmaak en sodoende haar die lewe ontneem, maar die moordenaar kry tronkstraf met die opsie op parool. So sy lewe is hom nie ontneem, ons land het beslis nie ‘n regverdige regs stelsel nie.
Mag die moordenaar vrot in die hel.

Chris ·

Piet Pompies verduidelik vir ons hoe werk tronkstraf met die opsie op parool? Dit is nou waaragtig die eerste keer in my lewe wat ek van so iets hoor.

Bart ·

En dan noem julle steeds so n barbaar n man? Regtig?! Wat n belediging vir mans!

Annetjie ·

Stem saam ‘n moordenaar moet geen parool kry nie hy moet sit want wie is hy om aan te gaan nadat hy ‘n lewe geneem het.

Se maar net ·

Nee wat tronkstraf regverdig nie die een nie. Bring ‘n reel in van “public prosecution” hang hom voor die publiek in die dorp dat almal kan sien wat gebeur met sulke mense. Ek stem vir dit vir plaasmoorde, verkragtings en moorde op vrouens en kinders. Maar net my beskeie mening. En nee, ek is nie lelik nie, maar dit is al wat hulle gaan laat besef wat is wat. Vir wat moet my belastinggeld vir hom betaal in die tronk. Hy gaan uitkom en dit maar net weer doen

Eliza-beth ·

Geen straf, selfs die doodstraf – sou ons dit nog hê, sal haar terugbring nie. Ek kan dink hoe moeilik kersfees vir die familie gaan wees sonder haar. Sterkte en vrede en aanvaarding vir jul almal.

Christo ·

n Tronk is niks minder as n gratis vakansie nie, ek sal veel eerder hom self terreg gestel het as dit my saak was. Hierdie goed verdien nie om vir n sekond verder asem te haal nie. Hy sal die dag berou wat hy gebore was as ek hom in die hande kry.

Theresa ·

Ja. Dis waarom daar gemeenskappe is waar so iemand met klippe doodgegooi word. Dis vir my heeltemal te verstane, want waarom so wreed wees en dink jy gaan sommer daarmee wegkom en gaan kos eet en slaapplek hê op ander se kostes. As iemand werklik skuldig bewys kan word – het ek nog nooit gedink dis vreemd as ‘n gemeenskap so saamstaan en die vermetele verwyder van die aardbodem nie.

Piet Pompies ·

Ons sit met ‘n meerderheid mense in RSA wat van die standpunt af uitgaan dat die wéreld hom alles skuld en as hy voel dat hy te na gekom is wil hy geweldadig optree. ‘n Jong ongeskoolde werker het by ons begin werk via ‘n subkontrakteur, sy taak was eenvoudig en maklik. Aan die begin het goed gewerk, toe verswak sy werk, praat weer met hom, hy kom weer reg, werk word weer swak, praat weer met hom, sy werk verbeter. Na omtrent 2 jaar diens word hy ontslaan deur die subkontrakteur vir swak diensbywoning. Aa die man sy salaris kry dan dros hy vir ‘n paar dae.
Gedurende sy onslag maak hy bewering dat ons, dit is nou die maatskappy waar hy sy werk gedoen het, hom laat afdank het, die feit dat hy dros het niks met die saak te doen.

vermeende ·

En dit is wat menseregte vir ons gebring het.
Jy kan daaroor dink soos jy wil maar die slotsom is dat die slagoffer geen menseregte het nie, nie wanneer hy vermoor word nie en ook nie wanneer die straf uitgedeel word nie.

Die hele land steun die doodstraf maar die regering skop vas, ek wonder hoekom?
Oo ja, gevangenis mag mos ook stem!

Peet J ·

Sover my kennis strek is die doodstraf afgeskaf met die herskryf van die grondwet deur die vorige en huidige regering dus kan laasgenoemde nie sonder ‘n stemmery veel hieraan doen nie. Terloops die doodstraf, volgens die slim mense is nie ‘n oplossing nie , maar as die doodstraf inwerking was kon dit vele slagoffers se lewens gespaar het. As ‘n stelsel in die verlede goeie vrugte afgewerp het en jy is bereid om dit weg te neem dan behoort jy mos iets beter voor te sit nie waar nie.

Theresa ·

Mag die ouers bo-natuurlike krag ontvang. Dis verskriklik dat sulke dinge nou alledaags word. Die sotlike wreedaards weet seker nie (of gee nie om nie) maar daar is ‘n Opperwese wat gaan wraak neem. Hul gaan ‘n ewigheid van pyn en aaklikge lyding deurgaan, omdat hul ‘n ander nie respekteer het nie. Dis darem ‘n klein bietjie troos so tussen al die onnodige wêreldse wreedheid deur.

Theresa ·

Waar in die wêreld behalwe hier, die afgelope 2 dekades, het gevangenisse ook stemreg? Dit hoort mos deel van die “verwydering uit die samelewing” te wees – geen stemreg. Geen stem. Niks. En ja, ek wens iemand het die tyd om ‘n vergelykende studie te doen oor die statistiek rakende lande waar die doodstraf nog ‘n instelling is en waar nie. Dit is so ‘n vreeslike ding om te dink iemand kan gehang/geskok/ingespuit word a g v ‘n misdaad – dat dit mos sonder enige twyfel vir ‘n regdenkende mens ‘n reuse afskrikmiddel sal wees!

tamboti ·

Is die waarheid te kras, kom ek probeer weer:
Hoe sal jy as werkgewer weet dat jou werknemer, eendag op ‘n reendag besluit hy/sy gaan jou en/of familie, beroof/verkrag of vermoor. Of direk, of dit saam met ander of net die nodige inligting deurgee. Jy moet onthou dat meer as 90% misdadigers tussen ons rondloop en geleenthede soek. Dan is die nuwe toetreders seker nog meer en hulle het geen ander verskoning as apartheid nodig nie.
As ‘n wildvreemde dit gaan doen is dit nie jou skuld nie maar wat van die persoon wat jy dink jy ken, ‘n wolf kan nooit skaapwagter word nie.
So maak vrede met die gedagte dat jy jou eie moordenaar in diens neem of maak ‘n plan. Is jou boerdery/besigheid meer werd as jou geliefdes? Die tyd is nog daar maar besluit gou.

M ·

Wat het daai weerlose kind nie alles moes deurmaak met hierdie gemors nie. Wonder of die gemors ooit so lank gaan sit bygese. Net jammer die belastingbetaler gaan moet opdok vir sy verblyf in die tronk. Ai so jammer die doodstraf gaan nooit weer ingestel word nie want dit sal so fantasties wees om gemors soos hierdie permanent uit die samelewing te laat verwyder. maar ongelukkig word hierdie mense nou beskerm.

Dan ·

Wetgewing het so 2 jaar terug gewysig. Hy sal eers vir parool oorweeg word nadat hy 25jaar vonnis uitgedien het en dan het die slagoffer se naasbestaandes die reg om insette te lewer tydens sy paroolaansoek wat in aggeneem word. Daar is geen manier wat hy voor 25 jaar sal uitkom tensy wetgewing weer verander word of hy uit die gevangenis ontvlug nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.