Man gevonnis vir brutale verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 37-jarige man is tot tronkstraf gevonnis vir die brutale verkragting van ʼn 20-jarige vrou drie jaar gelede.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Sandile Sithole is in die Camperdown-streekhof tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting, twee jaar tronkstraf vir aanranding en ʼn bykomende 18 maande tronkstraf vir diefstal. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Volgens Zwane het die verkragting in 2013 plaasgevind toe die vrou en vriende huis toe gestap het in Cato Ridge en agtergekom het die beskuldigde agtervolg hulle. Sithole het die slagoffer gegryp terwyl haar vriende daarin kon slaag om te ontsnap.

Sithole het die vrou na die kant van die pad getrek, haar met ʼn klip aangerand en toe verkrag. Hy het haar ook beroof en toe gevlug. Die vrou se vriende het later na die toneel teruggekeer en sy het vir hulle vertel wat gebeur het.

Sithole is kort hierna in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Besorg ·

Alles goed. Dit beteken ek kan maar liewer moor, dan kry ek net 6 jaar tronkstraf.

Karel ·

Wil julle nie nou maar vir Oscar los en n ander deuntjie begin sing nie, ek glo almal is al goed keelvol vir die ou eentonige aanmerkingtjies en goed oor hom wat buitendien net geen vrugte gaan afwerp nie. Ek wens Maroela wil alle kommentare wat op hom gerig is verwyder…n derm het ook n end, genoeg is genoeg. Ek glo ek is nie al een wat al goed keelvol is vir al die perfekte mense se aanmerkings en verwysings na sy saak en nou sy vonnis nie. Ek was nog nooit n Oscar fan nie, maar regtig….die man moes nie eers tronk toe gegaan het nie, want skuldig of onskuldig, die hele SA straf hom buitendien daagliks met hul sê goed en hy sal nou nooit weer n normale lewe buite die tronk kan lewe nie, want die Suid Afrikaners sal hom tot in ewugheid herinner aan sy daad. Hy het inderdaad lewenslank gekry by julle.

Hendrik ·

Ons howe se vonnis oplegging vir die tipe misdaad is skokkend, dit gaan maak dat persone sal voort gaan want die vonnis is lig veral as jy so gou parool kry.

Voorlaaier ·

Maar net weereens i bewys hoe lagwekkend is ons regstelsel. I rug gelede is i televisie span beroof. Niemand beseer of aangerand ni. Net beroof. En hulle is elkeen 15 jaar gevonnis. Nou vra ek jou,…..

Joiann ·

Nou weet mens om liewer moord te pleeg en 6jr.tronkstraf kry as verkrag en 12jr.te kry

Sus ·

Somehow sal julle Oscar-haters moet vrede maak. Daar is ‘n ander deel van die bevolking wat dink regter Masepa het alles wat nodig is in ag geneem en ‘n goeie uitspraak gelewer. As julle hierdie saak met Oscar se saak wil vergelyk, dink ek, is julle in elk geval die pad byster!

Janneman ·

Ek stem saam Sus, die twee sake het hul eie meriete.
Wat ek wel wil uitlig is hoe die ANC se vroue liga magies te vore kom in hoe profiel sake waar daar kameras is. Hulle betreur die Oscar uitslag maar nieteenstaande dat hulle landwyd verteenwoordig word is hulle afwesig in sake van gewone mense soos hierdie, waar weerlose kinders en vroue in townships en op plase wreed verkrag en gemoor word.
Die liga, net soos die juigliga, het regter Jansen gekruisig omdat sy die waarheid vertel het en terselftertyd ondersteun hulle jacob se veelwywery en teorie dat n stort hiv kan voorkom.
Ek stel dit aan jou Jackie Mofekeng dat julle buig vir enige wind en julle niks meer as politieke opportuniste is nie. Nie dat ek dink jy Afrikaans magtig is nie.

Nico ·

Gelukkig het selfs Reeva se ouers gese die vroueliga moet waardig wees en swyg. Geen politieke punte uit ander se smart.

Snoefie ·

Met sulke vriende het die arme vrou beslis nie nog vyande nodig gehad nie. Sy moes hulle met klippe bygekom het toe hulle teruggekom het.

Lance ·

Net nog een van die 4 verkragtings per minuut in SA wat miskien in n hof beland …die regter was tog SO reg

Veritas ·

Verkragters moet aan die slagoffers se families oorhandig word sodat dié hul eie vonnis kan voltrek. Ek waarborg ‘n drastiese afname in verkragtingsvoorvalle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.