Man gevonnis vir gru-moord op 11-jarige

hof-hamer

Argieffoto.

[WAARSKUWING] Die inhoud van die berig is grafies van aard en is nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.

 ʼn Man is Donderdagoggend in die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die grusame moord op ʼn 11-jarige seun.

Nkosivumile Sincuba (32) is gister skuldig bevind aan die moord op Malwande Samo Deyi. Die seun is in April vanjaar in die Mlolweni-gebied naby Harding vermoor.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê Deyi het op 7 April vee in die veld naby sy huis gaan haal, maar nie weer teruggekeer huis toe nie. Sy familie het na hom begin soek en sy liggaam is later die dag naby die Mtamvuna-rivier gevind.

Volgens Mbhele was daar ʼn groot oop sny aan die seun se kop en ʼn sy skedel is verwyder.

Sincuba is ʼn week later met die hulp van die gemeenskap aangekeer. Die polisie het die seun se skedel in ʼn beboste gebied gevind naby die plek waar Sincuba in hegtenis geneem is. Volgens Mbhele is dit nie duidelik of die seun se skedel vir moetie-doeleindes verwyder is nie.

Sincuba het aanvanklik in die Harding-landdroshof verskyn voordat die saak na die hooggeregshof oorgeplaas is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Vraag ·

“en ‘n sy skedel verwyder” ? is dit reg en klink dit net vreemd? @MM

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.