Man gevonnis vir gru-moord op oom

Argieffoto.

ʼn 27-jarige man van KwaZulu-Natal is vandeesweek tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op ʼn familielid.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê Sbusiso Eugene Mkhize het sy lot in die Umlazi-streekhof in dié provinsie aangehoor.

Mkhize is skuldig bevind vir die “grusame moord” op sy 48-jarige oom, Reginald Mduduzi Mkhize.

Gwala sê die moord het in Augustus 2014 plaasgevind nadat Mkhize se oom hom gekonfronteer het oor die gebruik van dwelms. “Mkhize was in sy kamer toe sy oom hom gekonfronteer het. Hy het ná die konfrontasie sy kamer verlaat en teruggekeer met ʼn mes waarna hy sy oom gesteek het. Sy oom het van hom probeer weghardloop, maar Mkhize het hom tot in die tuin agtervolg, hom platgetrek en bo-op hom gaan sit en hom toe doodgesteek.”

Mkhize is in Desember 2015 in Amanzimtoti in hegtenis geneem. Hy was sedertdien in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

Dit is ‘n morsige skande op die anc-regering dat hulle moordenaars toelaat om moord te pleeg ten koste van 15 jaar minus afslag agter tralies.

Blue Butterfly ·

Waarom het dit bykans ‘n jaar en ‘n half geneem om hom te arresteer? Waarom het dit meer as 2 jaar geneem om hom te vervolg? As dit die tydsverloop is op ‘n “open and shut-case” sidder ek om te dink hoe lank ander mense wag vir geregtigheid om te seevier. Ons regstelsel (en polisie) is ‘n bespotting en in totale gemors gedompel. Geen wonder ons woon in ‘n wettelose land nie.

thinus ·

Wel die regter of magistraat het nie gedink dis grusaam nie. Hy/sy het hope genade vir ‘n gewentenlose dwelmslaaf misdadiger wat die goedheid van sy oom met moord vergeld het.
Nou wat weerspieel dit van die hele straf proses van NSA.

Lee ·

Dis darem maar ‘n barbaarse nasie. Vir hulle is moord niks nie en nie eers die van ‘n familielid nie. Een vertroosing is dat hulle eendag almal Hel toe gaan dan is daar nie ‘n ANC wat die misdadiger beskerm nie. Hy moet op dieselfde manier as sy oom doodgemaak word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.