Man gevonnis vir gru-moord op ouma

Susan Loubser. Foto: Facebook

Susan Loubser. Foto: Facebook

ʼn Pa van twee is Maandag tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die gru-moord op sy bejaarde buurvrou.

Ryan Faure (36) het Susan Loubser (79) verskeie kere met ʼn skerp voorwerp in die bors en nek gesteek voor hy haar van die voordeur na haar slaapkamer gesleep en op die bed neergegooi het. Haar kakebeen was gebreek en een oog toegeswel. Haar bril was ook stukkend.

Die hof het gehoor Faure het die moord gepleeg nadat hy ʼn mengsel van dagga en mandrax, ook bekend as “witpyp”, gerook het. Loubser se liggaam is vermoedelik van die voordeur na haar kamer gesleep. “Sy het dit nie verdien om so brutaal dood te gaan nie. Dit is afgryslik,” het Merle Holdsworth, Loubser se dogter, destyds gesê. Loubser se dogter het twee uur voor die moord by haar gekuier.

Faure is in hegtenis geneem nadat hy gespog het oor sy dade en ʼn televisie probeer verkoop het wat hy uit Loubser se huis gesteel het. Landdros Constance Nziweni het Faure in die Parow-streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord en 15 jaar vir roof.

Faure se pa het aan die hof gesê sy seun is ʼn “goeie man” wat lid was van die buurtwag. Landdros Nziweni het egter gesê dit is duidelik dat hy sy seun nie so goed ken soos wat hy gedink het nie. Volgens Nziweni het Faure geen berou getoon nie. “Lewenslange tronkstraf is dalk hard, maar die hof glo dit is die enigste toepaslike vonnis vir jou. Dit is die enigste vonnis wat die regte boodskap sal uitstuur.”

“Ons het net begin om haar 80ste verjaardag te reël. In plaas daarvan reël ons nou haar begrafnis,” het Holdsworth destyds gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Swanna ·

Ek hoop net die wat aangekeur word vir plaas moorde kry dieselfde tronkstraf.

Hannelie ·

Ek stem saam jou Swanna. Hoekom kan die ander moorde se vonnisse ook nie so hanteer word nie? Mense word vermoor, dan moet jy lewenslank in die tronk sit, punt.

BOLANDER ·

SE EK OOK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Gerald ·

Verblydend is die feit dat die landdros nie die gebruik van dwelms as versagtende omstandighede gebruik het nie,want dit word mos gewoonlik deur die verdediging gebruik as versagting

Pierre ·

Dit moet mos in die howe gebruik word as “case study” vir ander vonnisse? of word die plaas moorde onder ‘n ander regs stelsel veroordeel…..?

Stem 100% saam ·

Ek stem 100% saam Gerald, viva vir Landdros Constance, ek hoop net nie dit moet gelyk loop nie. Geen mens verdien om so vermoor te word nie, dink net aan die vrees en pyn. Pa van Ryan, dit is omdt jy in ontkenning leef wat jou kind in die tronk sit. Ek oordeel nie, elkeen kan n fout maak en drugs gebruik, maar om dit te verontskuldig kweek jy ‘n krimineel en potensiele moordenaar, hier is maar net weer ‘n bewys daarvan.

Van Gent Danie ·

Dwelms is nie n verskoning nie. Dit is n keuse en lewens wyse.

AL ·

Baie goeie vonnis. Ek stem dat onder die invloed geen versagting moet kry nie. Niemand hou n pistool teen jou kop om onder die invloed te kom nie. Elke persoon moet verantwoordelik gehou word vir sy keuse.

Voorlaaier ·

Dis i gepaste vonnis….Hy kan nu maar in di tronk verder gaan rook!..

Ai ·

Hoe verskriklik hartseer is dit! My hart gaan uit na die familie … om jou Ma op so manier te verloor. Arme tannie.

Gys ·

Hy is nou wel gevonnis tot lewenslank , maar nou sorg die belasting betaler vir hom. Daar het hy als verniet tot sy beskikking.

Elmien de Jager ·

“‘n Goeie man en lid van die buurtwag”. Ja so het die goeie gewapende reaksie sekuriteitsmanne (wit) vir vier kriminele van die plaaslike plakkerskamp (swart) toegang tot my huis gegee terwyl ek vrou alleen gelê en slaap het. Hulle het die winste van my (en ander skagoffers) se geroofde besittings gedeel. Ek het gelukkig ‘n veiligheidsdeur by my slaapkamer anders het julle ook van my gru-moord hier op Maroela gelees. Die hele spul is later in hegtenis geneem, maar ek het ‘n weggesteekte hamer onder ‘n bos by my venster ontdek.6 Asseblief mense, moet niemand vertrou nie, ongeag velkleur, veral as jy weerloos is en alleen woon. My innige simpatie aan die familie van Mev. Loubser.

Elmien de Jager ·

Dankie dat julle my kommentaar geplaas het. Die een wit man van die sekuriteit het nog so mooi en ondersteunend met my kom praat na die eerste rooftog, selfs wenke gegee hoe ek die huis meer kan beveilig! Min het ek geweet die man wat deur my huis loop en alles besigtig is betrokke! Met die eerste inbraak was ek by die kerk. Daarna was daar nog ‘n inbraak by my maar ek het sonder die sekuriteitsmaatskappy se medewete toe reeds ‘n veiligheidsdeur by my slaapkamer laat installeer want ek het onveilig gevoel en kon nie die opgraderings aan die alarmsisteem bekostig wat hulle voorgestel het nie. Ek het maar verkoop en getrek want dit was afgeleë en die aanvalle op bejaardes en vroue wat alleen woon het toegeneem daar. Nou het ek my eie alarmsisteem wat nie gekoppel is aan enige sekuriteitsmaatskappy, dis net om my te waarsku as iemand my eiendom betree, ek het myself bewapen, het ‘n rotweiler wat snags in die huis slaap en ek maak my deur vir NIEMAND oop nie behalwe my nabye familie en paar vriende. Jammer oor die tikfoute, die hande raak oud. Dankie dat julle my kommentaar geplaas het sodat ek mense kan waarsku.

mariana ·

Goed so vir jou. Ek wens almal wil dit in hul koppe kry dat hulle self iets aan hul situasie moet doen en nie wag vir ander nie. Hulle bid almal en wil dan met oop deure slaap??????

pj ·

Dood straf dis al wat die land se gebrek aan geweld en moord tot ruste bring..

cor ·

Die pa se woorde hy is ‘n goeie seun en lid van die buurtwag, die regter is reg hy ken nie sy eie seun nie en die seun was net by die buurtwag betrokke om te kyk waar is sy volgend sagte prooi en om die aandag van hom af te lei.

Linda Koekemoer ·

Eks bly. Laat hom sit. Kan net nie glo dat n man gister net 13 jaar gekry het oor hy sy vrou vermoor het nie. Hy moes ook lewenslank gejry het.

Adam ·

n Goeie seun rook nie dagga en mandrax nie, moor en steel nie. Hy mag nooit weer die buitekant van die tronk sien nie.

Alta ·

Is bly vir die erge straf wat die man gekry het. Geen mens kan veilig voel met so ‘n man as buurtwag nie.

Annie ·

Goeie seun – dan weet jy regtig nie wat ‘n goeie seun is nie, jammer daar is nie doodstraf nie want dit is wat hy verdien en elke persoon wat die plaasmoorde pleeg. Ek hoop almal kry lewenslank wat moord pleeg. Kry hom nie jammer nie.

REGVERDIG ·

ALLE moordsake moet deur hierdie Landros hanteer word, dit klink vir my HEELTEMAL reg so. Kleur maak nie saak nie. MOORD IS MOORD !!!!!!!!!!!

Stem 100% saam ·

Ek stem 100% saam, goeie landdros. Ja en wys foto’s van ‘n goeie seun wat mense so vermoor.

TDW ·

Hoekom is daar nie ‘n foto van die moordenaar op enige plek beskikbaar nie?

Sarel Strydom ·

Net vining paar gedagtes: 1) Lewenslank = 25 Jaar.(Kwalifiseer vir Parool voor die tyd om is Vonnis moes 30 – 40 jaar gewees het. 2) Moet nie Vader met klippe gooi nie, wees dankbaar dit was nie jou seun nie. 3) Waar is die mense wat beweer die gebruik van Dagga moet gewettig word? 4) Neerhalende aanmerking oor mense wat “bid” uiters onvanpas. Dit is hoekom ons is waar ons is.

Theresa ·

Sarel, ek stem saam met jou – ook met jou punt nr 2. Die man se pa het seker soos enige ouer altyd bly glo sy seun sal nie so iets doen nie. Hartverskeurend vir ‘n ouer? Baie sterkte aan die tante se familie.

@Sarel ·

Lees weer: “n mengsel van dagga en mandrax” ook bekend as “witpyp”

Ann Esterhuizen ·

Bekommerd oor die toenemende aandrang dat dagga gewettig word! Maak nie saak of dit medisinaal is of nie! Dit begin daar en sal oorspoel na die gewone dagga! As dit gewettig word dan word daar met vuur gespeel!!!!!

danie ·

Medisinale dagga word nie op n straat hoek gesit en rook nie. Dit kom in n verwerkte vorm. Moet o s nou alle medisyne wat deur onnosele mense misbruik word verban en van die mark af haal.

Ella ·

Geen parool! Hoog tyd dat drank en dwelms nie meer as ‘n verskoning gebruik mag word nie. Behalwe moord en verkragting, hoeveel mense sterf op ons paaie a.g.v. van misbruik van bg. Dis ook moord!

Esther ·

So lank as menseregte aan misdadigers eerder as eerbare mense toegestaan word sal hierdie klas van dade nie ophou nie. Dit is wanneer jy weet die doodstraf terug moet kom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.