Man gevonnis vir moord op onnie van Bela-Bela

Desmain Clark Adams. Foto: SAPD

Desmain Clark Adams. Foto: SAPD

Desmain Clark Adams (20), die man wat skuld erken het vir die moord op Lindie Bosch-Jansen (35), ʼn onderwyseres van  Bela-Bela, is Donderdag in die plaaslike landdroshof gevonnis.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Adams het erken dat hy Bosch-Jansen op 18 Oktober vanjaar ten aanskoue van haar kinders op die terrein van Laerskool Warmbad met ʼn mes doodgesteek het. Hy is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord.

Maroela Media het vroeër berig Bosch-Jansen was besig om saam met haar vriend, Howard Holtzhausen, op te ruim ná ʼn 60ste verjaardagpartytjie en het goed na haar motor gedra. Adams het uit die bosse gestorm en haar in haar sy gesteek.

Bosch-Jansen se seuns, Jay-Bee (10) en Juvan (7), en Holtzhausen se dogtertjie, Meghan (5), het die aanval gesien. Holtzhausen het met Bosch-Jansen na die hospitaal gejaag, maar sy is kort daarna dood. Adams is nog dieselfde aand in hegtenis geneem.

Lees alle vorige berigte oor Lindie Bosch-Jansen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann Marx ·

As hierdie land ‘n ware demokrasie was, sou die konstitusionele “reg tot lewe” gebalanseer gewees het met die “reg om NIE te lewe NIE”, en sou elke persoon binne die landsgrense hierdie regte gehad het. As jy die “reg om te lewe” kies, moet jy jou gedra soos die res van die samelewing. Indien jy egter verkies om ‘n 1. ‘n Kind te verkrag, 2. Dwelms te vervaardig of te smokkel, 3. ‘n Gewapende aksie te beplan of uit te voer, en 4. Iemand anders se lewe neem, dan moet dit vir die konstitusionele hof ‘n duidelike aanduiding wees dat jy, as ‘n vry-denkende individu die “reg om NIE te lewe NIE” kies, en moet ons jou in keuse ondersteun en jou help om dit te laat realiseer deur vir jou NOG VYF demokratiese keuses te gee, nl. Vuurpeleton, Elektriese Stoel, Gaskamer, Dodelike inspuiting of Galg. Om die regering en sy swak administrasie uit hierdie proses te hou, moet hierdie ‘n eksklusief konstitusionele hofsaak wees, en moet ‘n sub-kontrakteur aangestel word om die individu te help om sy keuse tot uitvoer te bring. Die kostes van jou keuse moet vir jou boedel wees, want dis onregverdig dat jou keuses tans vir jou lewenslange gevangenisskap op die hals haal………en wetsgehoorsame hardwerkende burgers se hard verdiende belasting moet vir jou “onderhoud” betaal. Daardie geld kon aangewend word om weeskinders met potensiaal ‘n beter kans in die lewe te gee, of ou mense wat hulle hele lewe geleef het om vir die nageslag ‘n toekoms te skep, te versorg met ‘n goeie pensioen. As ons konstitusie se “reg tot lewe” gebalanseer was met die “reg om NIE te lewe NIE”………was dit nie nodig om enige iemand se dade te beoordeel en hom of haar “dood te straf” nie. Elke individu so self verantwoordelik wees vir die uitkoms van sy lewe, soos gedemonstreer deur sy dade teenoor die gemeenskap. As jy die “reg om NIE te lewe NIE” wil kies, weet jy presies watter van slegs VIER voorwaardes jy aan moet voldoen. As jy nie daaraan voldoen nie, kies jy die “reg om te lewe”, en respekteer ons dit.

Winston ·

Stem volmondig met jou saam Johann Marx. Hier word die kriminele element heeltemal te veel “regte ” gegee.

Anoniem ·

Goed gese Johan….net jammer die verkeerde regering is aan bewind!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Peet Schabort ·

Volkome korrek Johann. Dalk moet daar ook oorweeg word om dieselfde straf toe te pas. In die geval dan messteke.

Lorna ·

Wow Johann ek vote vir jou vir President Wragtag waar wat jy sê nou net om dit in ons hoë kringe se koppe te kry

Sarel Strydom ·

Wat help hy is skuldig bevind en gevonnis. Daar is kinders wat sonder ‘n Moeder moet groot word.Sy gaan nie terugkom nie.

SNEL ·

Ek stem Sarel, was my eerste gedagte ook. Kry die familie en kinders vreeslik jammer.

Zelda ·

Ai ek voel vir daai klein kindertjies. Hoekom….wat was sy rede?

Cara ·

Het geen gevoel vir die gewetenlose misdadiger nie! Hoe kon hy dit aan so n jong ma en haar kinders doen? My hart gaan uit na die kinders. Al word hy ook hoe gestraf, dit sal hul ma nie weer terug bring nie. Sterkte en mag hul vrede vind.

tamboti ·

Ek moet my dankbaarheid oor hierdie geval uitspreek, dat die reg relatief vinnig en effektief (min of meer) geskied het. Ten minste gaan ‘n paar jaar in die tronk daardie glimlag van hom so bietjie verander. Ek hoop hom alle teenspoed en onheil toe vir sy tronkstraf, mag hy dan sy sonde besef en werlkik berou beleef.
Aan die familie: hoop julle kan spoedig berusting vind.

Emile ·

Ongelukkig gaan die tronk van hom nog ‘n meer geharde misdadiger maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.