Regter Geraldine Borchers het Woensdag tydens vonnisoplegging gesê sy besef Jacques Terblanche was ʼn tikverslaafde, maar dat alle dwelmverslaafdes nie gewelddadige misdade pleeg nie. Mischke, ʼn professor aan die Universiteit van Johannesburg, is met die ysterstaaf van ’n handgewig doodgeslaan.
Terblanche is ook tot ʼn verdere 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord met verswarende omstandighede. Dié vonnis sal gelyklopend met die lewenslange tronkstraf uitgedien word.
Craig Thomas, ʼn paramedikus van Kempton Park wat in ʼn verhouding met Mischke was, is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.
Thomas en Terblanche was albei tikverslaafdes en het Mischke beroof en aangeval om glo hul dwelmverslawing te onderhou. Thomas het in die hof aangevoer dit was Terblanche wat Mischke doodgeslaan het terwyl hy geslaap het. Terblanche het dit ontken.