Man gevonnis vir moord op vrou, kinders

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn Durbanse man is skuldig bevind aan die moord op sy vrou en twee kinders en vir die misdaad gevonnis.

Mogambery Arumugam Kandasamy (49) is tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Kandasamy het sy vrou, Versha (41), sy seun, Megandran (17), en dogter, Melarisa (18), op 29 Desember 2013 met ʼn tradisionele Hindoe-voorwerp doodgeslaan in hul huis in Chatsworth.

Hy is op 31 Desember 2013 by ʼn familielid se huis in hegtenis geneem. Hy is tydens sy verhoor vir psigatriese evaluering gestuur en daar is bevind hy is geskik om verhoor te word.

Kandasamy het tydens sy verhoor onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom. Die hof het ook gehoor hy het glo enkele dae voor die moorde ʼn familielid genader in ʼn poging om sy huwelik te red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

liza ·

Wat de hel gaan deesdae aan in ons land…..dis moord, en dis moord, families moor mekaar uit, hoe kan jy jou geliefdes se lewe neem, weet jy dat jy dit nie mag doen nie……nee hel wat gaan in hulle koppe aan………………ons leef in die laaste tye van Openbaring………Hoop hy sit die res van sy lewe…..

Anoniem ·

Kan iemand asb vir my verduidelik hoekom vonnisse so dikwels “gelyklopend” is? Daar is mos dan geen verskil of jy lewenslank sit vir 1 moord of 10 moorde nie? Ons almal weet mos lewenslank is nie regtig lewenslank nie – na ‘n aantal jaar kom die moordenaar in aanmerking vir parool.

Tanya ·

In die geval sal dit drie keer moeiliker wees om aansoek vir parool te doen.

Heinrich ·

Ek stem Anoniem; as jy die eerste een skiet kan jy maar aanhou skiet, want jy gaan presies dieselfde tyd sit (dit is nou te sê as die polisie nie die saak verbrou nie!). Die wet skiet regtig te kort hier!
Tanya, ek dink dit gaan parool drie keer moeilik genoeg maak as hy eers moet begin om die volgende lewenslange vonnis aan te pak, en dan nog die daaropvolgende een voordat hy kan aansoek doen vir parool.

cor ·

Liza dit is waar, maak ‘n koerant of tydskrif oop of luister oor die radio of tv nuus en daar is ‘n berig van moord en doodslag is om van siek te word. Hoekom nie jou goed vat en loop nie gun jou mede mens die reg om te lewe. Ja dit is in vandag se tyd so maklik om een te vermoor en dan te se jammer dit was ‘n ongeluk of iets soortgelyk. Ook om onskuldig te pleit want jy het regte , maar die een wie jy vermoor het het nie volgens die moordenaar die reg gehad om te lewe nie . Hy gaan sit kwansuis lewens lank maar na twee derdes van sy vonnis kom hy en gaan aan asof niks gebeur het nie. Wat’n siek stelsel en wereld leef ons nou in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.