Man gevonnis vir moord, verkragting van jong onnie

(Argieffoto)

Die 41-jarige Akanyang Rakodi is Woensdag in die hooggeregshof in Mogwase in Noordwes gevonnis in verband met die moord op ʼn onderwyseres.

Rakodi het tereg gestaan op ʼn aanklag van moord op die onderwyseres, Khumontle Mokgosi (25). Maroela Media het vroeër berig Mokgosi se liggaam is op 29 Junie verlede jaar gevind in ʼn huis wat sy gehuur het in Magong Village naby Mogwase. Haar bure en lede van die skoolbeheerliggaam het ondersoek ingestel toe sy nie vir werk opgedaag het nie. Mokgosi se hande en voete was vasgebind. Sy is vermoedelik verwurg.

Rakodi is op 3 Julie in Dinokana buite Zeerust aangekeer en in hegtenis geneem. Hy het glo die oorledene se bankkaart in sy besit gehad, asook items wat onlangs gekoop is, soos klere, ʼn motorbattery en alkohol.

Die ondersoekspan van links: lt.kol. Jonas Masenamela, sers. Justice Ramosweu en lt. kol. Patrick Murunwa (Foto: SAPD)

ʼn Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat Mokgosi se bankkaart gebruik is om kontant uit ʼn kitsbank in Northam en Zeerust te onttrek. Beamptes het ook Mokgosi se twee selfone opgespoor.

Rakodi het op 6 Julie sy eerste hofverskyning gemaak.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê Rakodi is tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord en verkragting, 15 jaar vir roof en vyf jaar vir bedrog.

Genl.maj. Dintletse Molefe, die waarnemende provinsiale kommissaris van Noordwes, verwelkom die vonnis wat opgelê is. Sy het ook die ondersoek- en vervolgingspan geloof dat hulle alles in hul vermoë gedoen het om seker te maak dat ʼn maksimum vonnis verkry is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tiptol ·

Wat van die inhegtenisneming en vonnisse van die boewe wat die boere martel en moor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.