Man gevonnis vir nagklub-baas se moord

Bruno Bronn.

Bruno Bronn.

Willem Frederick John Coetzer is Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op die nagklubeienaar Bruno Bronn.

Regter John Hlophe het Coetzer tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord. Coetzer is ook tot ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van roof met verswarende omstandighede. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Coetzer is Vrydag skuldig bevind aan die moord. Bronn (50) is op 7 Februarie 2012 dood aangetref in sy huis in Groenpunt, Kaapstad. Hy is verwurg en versmoor. Hy het die twee gay nagklubs Bronx en Navigaytion in Somersetweg in Groenpunt besit.

Coetzer se medebeskuldigdes, Fareez Allie en Achmat Toffa, is vrygespreek op die aanklagte teen hulle. Toffa is wel skuldig bevind op aanklag van diefstal, aangesien hy gebaat het by die verkoop van items wat uit Bronn se huis gesteel is na die moord. Hy is ʼn boete van R2 000 opgelê.

Vir vorige berigte oor die saak klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.