Man gevonnis vir plaasvrou se wurgdood

Susan Kotze Foto: Verskaf

Susan Kotze Foto: Verskaf

Phillip Kgoantha, die 22-jarige man wat skuldig bevind is aan die moord op Susan Kotze (76) van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, is Vrydag gevonnis.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Kgoantha het in die Modimolle-streekhof skuldig gepleit en is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en 15 jaar vir gewapende roof, waarvan vyf jaar gelyklopend uitgedien sal word. Kgoantha is effektief tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Familielede het op 6 Januarie op Kotze se liggaam afgekom toe hulle haar nie in die hande kon kry nie. Toe hulle gaan ondersoek instel op die plaas, het die huis se ligte gebrand, maar die huis was gesluit en daar was geen reaksie nie. Die polisie is ontbied en haar liggaam is in die huis aangetref. Sy is met ʼn draadhanger verwurg. Twee selfone, ʼn klein bedrag kontant en haar Ford Bantam-bakkie is gesteel.

Kgoantha is drie dae ná die moord by sy oom se huis in Northam in hegtenis geneem.

Hy het glo takies om die huis vir Kotze verrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

22+25=47 jaar oud=reg vir sy volgende moord.
Doodstraf vir sulke gruwels.

Riana Butler ·

Stem saam met jou. Al troos wat ons het God slaap nie, en is altyd regverdig. Die leemte sal altyd daar wees. Moeder ons mis jou!!!

Jessy Koekemoer ·

Hy sal gevonnis word. Maar defnintief nie op aarde nie….God weet van alles en geen sonde gaan ongestrafd verby Hom nie, Sterkte aan al die familie lede.. Julle is in my hart en gedagtes<3

Winston ·

So jammer hy het n ou dame geteiken die lafaard. Skandelike vonnis ja en sal binne paar jaar op parool uit wees. Vir sy volgende moord/roof. Die regering moet die tronke leeg hang en nie leeg parool nie.

Dave ·

15 Jaar blyk ‘n standaard vonnis te wees vir moord. Pistoors het selfs weggestap met 5 jaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.