Man gevonnis vir seun se verkragting

Argieffoto

Argieffoto

Msawenkosi Robert Zulu (37) is in die Esikhawini-streekshof in KwaZulu-Natal tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy in 2012 ʼn sesjarige seun onder ʼn veselperskeboom verkrag het.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê Zulu het op 21 Januarie 2012 omstreeks 18:30 die slagoffer in die Msingweni-omgewing in Mthunzini genader. “Zulu het die seun versoek om saam met hom veselperskes te gaan pluk,” het Zwane gesê. “Terwyl hulle onder die boom was, het Zulu die seun verkrag.”

Die seun het sy ma van die voorval vertel en sy het ʼn saak by die Mthunzini-polisie aanhangig gemaak. Zulu is kort daarna op ʼn aanklag van verkragting in hegtenis geneem.

Lt. Mmamonnye Ngobeni, die provinsiale polisiekommissaris, het die vonnisoplegging verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.