Man gevonnis vir wrede dubbelmoord

Corrie en Gerrie Visser. Foto: Verskaf

“Ek kan dalk vergewe, maar ek gaan nooit vergeet nie.”

Só sê Marius Visser nadat die man wat sy ouers in Desember 2016 vermoor het, tot lewenslange tronkstraf gevonnis is. “Hoe vergewe jy so iemand?”

Corrie Visser (76) en sy vrou, Gerrie (79), is by hul huis in Pretoria se Moot-gebied deur January Mahlangu aangeval.

Albei is verskeie kere met ʼn snoeiskêr gesteek en gewurg. Corrie is op die toneel dood verklaar en Gerrie ʼn paar dae later in die hospitaal oorlede.

Mahlangu is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Gerrie en 30 jaar tronkstraf vir die moord op Corrie. Hy is ook tot 15 jaar gevonnis op aanklag van roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu was die egpaar se tuinier. “Hy het vier jaar vir my pa-hulle gewerk. Hy [Corrie] het hom altyd goed behandel. Dis hoe my pa was.”

“Ons sal nooit die waarheid weet nie. Ons sal nooit presies weet wat gebeur het nie,” het Visser gesê in reaksie op Mahlangu se bewerings in die hof dat hy Corrie met die snoeiskêr aangeval het omdat laasgenoemde glo nie sy bonus wou betaal nie.

Mahlangu het ook beweer hy het Gerrie daarna aangeval omdat hy bang was sy bel die polisie.

“Hoekom sal jy twee oumense doodmaak wat swak sig gehad en gesukkel het om te loop? Pleks kom veg hy teen mense wat kan terugveg. Die doodstraf moet teruggebring word. Albei my kinders se oupas is vermoor. My kinders vat dit hard.”

Pretoria News berig regter Bert Bam het tydens vonnisoplegging gesê daar is baie gevalle waar weerlose mense aangeval word. “Ons howe het weekliks daarmee te doen, indien nie elke dag nie. Die howe lê strawwe vonnisse op, maar desondanks lyk dit of die aanvalle toeneem.”

Bam het ook gesê Mahlangu het sy slagoffers geen genade betoon nie, en nog minder berou vir sy dade getoon.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

D V ·

Mens staan magteloos deur sulke aanvalle. Dit is baie hart seer. Sterkte vir julle almal en mag die Heilige Gees julle ryklik vertroos.
Om die instedent nie agter jou te plaas nie maak net jouself. Baie mense het al baie siektes daardeur op gedoen.

RR ·

Ek lees nou mag die hg julle vertroos…

Mens gemaak, ons moet nou ons hart vir n here gee, vergifnis elke dag vra, mooi leef, en wanneer ons iets oorkom of iets benodig, kan ons berusting vind deur die almagtige heilige gees…

Hier is dinge wat nie vir my sin maak nie, en dit terwyl almal bly kort en vermoor word…

n Droom Wêreld…

Mielie ·

Die kleinkind het albei sy oupas aan die dood afgestaan agv moord. DIT laat my koud. Die hoeveelste moord deur n tuinier. Ek sal graag wil weet met al die geweldadige aanrandings en moorde hoeveel was tuiniers. Oh Vader bewaar ons ouers en onsself vir die dag wat ons hul ouderdom bereik. So hartseer. Weet die tuinier nie dat hy die arbeidshof kon genader het oor die dispuut nie.

Sdl ·

Dankie aan die goeie werk van A/o Hoffman van Pretoria Moot speurtak. Sterkte aan die familie.

Tokkie ·

Hoe val mens 2 sulke weerlose mense aan ? Ons samelweing is siek

Manie ·

Die familie van die ou mense moet elke poging van die man om parool te kry beveg sodat hy vir baie lank agter tralies bly

Alweer 'n tuinier???? ·

Hoekom is die moordenaar in die meeste van die moordsake, selfs plaasaanvalle, die tuinier of een of meer van die werkers wat betrokke is ???? Het iemand miskien ‘n wetenskaplike en feitelike analise gedoen oor al die moorde wat gepleeg is deur die tuinier/werker(s)/’n bekende?? Dit kan dalk antwoorde gee om nog moorde te voorkom.

In ieder geval ek is jammer oor die familie se verlies en die gepaardgaande trauma. Baie sterkte.

Petro ·

Ja wat se ‘n mens, hy het my steunpilaar my raadgewer my alles van my af weggeneem sonder om ‘n oog te knip. Selfs in die hof het hy emosieloos gesit. Nie eers toe hy getuig het hoe hy my ouers doodgemaak het nie. Al is dit ‘n jaar en 6 maande gelede voel dit soos gister. Nou is dit die wete dat ons nog vir hom sorg daar waar hy is, Dit is tyd dat die rigering die doodstraf terugbring, want moord is vir hulle niks nie. Al het hy 75 jaar tronkstraf gekry hoef hy vir die res van sy lewe nie eers meer te werk vir sy kos, klere en blyplek nie, dis asof hy nou klaar op pensioen is en ons sorg vir hom. Dit is siek man.

lizzie ·

Mens probeer vir hulle goed wees, maar kry stank vir dank. En daar is altyd n verskoning: of jy wou nie sy bonus gee nie, of hy het geld gevra vir n begrafnis, of dit of dat. En hoe lank sit hy, dan kry hy parool, want die tronke is oorvol en jy Marius sal nie eers daarvan weet nie. Sterkte

Kiewiet ·

Dit is met ‘n pyn in my hart as ek elke keer van die moorde lees of hoor. My persoonlike opinie is dat die DOOD STRAF terug gebring moet word. Volg Botswana se voorbeeld. Dan sal die tronke nie so vol wees nie wat sal lei tot minder belasting geld wat gemors word op die wat dit nie verdien nie. En my opinie sluit in alle rasse. Ek glo ek gaan teenstand kry van mense wat nie saam met my stem nie….maar dit is my persoonlike opinie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.