Man gevonnis vir wrede moord op baba

Die Wes-Kaapse hooggeregshof.

’n Man is Maandag tot 25 jaar tronkstraf in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op ʼn 18 maande oue baba.

Regter Andre le Grange het Reginald Bezuidenhoud (36) verlede week skuldig bevind aan die moord op ʼn babaseuntjie wat in September verlede jaar met veelvuldige beserings in ’n Wes-Kaapse hospitaal opgeneem en kort daarna gesterf het.

Volgens kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, is die polisie op 9 September verlede jaar in kennis gestel van ’n baba wat by die Worcester-hospitaal opgeneem is nadat hy kwansuis van ’n bed afgeval het. Hy is daar breindood verklaar.

’n Voorlopige ondersoek het aanvanklik daarop gedui dat die kleinding sigbare kopbeserings opgedoen het waarna dit later aan die lig gekom het dat die baba se skedel ook gekraak en sy ribbes gebreek was. Hy het ook kneusplekke oral op sy lyfie gehad en daar is bevind dat die baba vermoor is.

Bezuidenhoud is drie dae ná die kind se dood in hegtenis geneem. Hy was ten tyde van die moord in ’n verhouding met die baba se ma, verduidelik Van Wyk.

Die saak is na die hooggeregshof oorgeplaas waarna Bezuidenhoud ná ’n deeglike ondersoek skuldig bevind is aan die moord.

Genl.maj. Mpumelele Manci, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die polisie geloof vir hulle vasberadenheid om ’n gevaarlike misdadiger uit die samelewing te verwyder. Volgens Manci dui die vonnisoplegging op die polisie se prioritisering van misdaad, veral misdaad teen vroue en kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
susan

25 Jaar is nie genoeg nie.
Dis hartseer dat die gereg nie lewenslange tronkstraf toe dien nie, maar dis ok, in die tronk sal hulle jou kry / ry

Schalla

Sluit hom toe en gooi die sleutel weg! Watse 25 jaar is dit nou skielik? Dis mos moord – en nog erger – op ‘n 18 maande oue baba! Dit moet lewenslank wees (eintlik moet hy hang)

wonder maar net

Waar was die ma toe dit gebeur het…? Sy moet saam sit, sy was veronderstel om na haar kind om te sien. Dink net die verskiklike vrees en pyn wat die kind moes deur maak! Hoop die die ander gevangenis sien mooi om na hom!

Erika

Bring die DOODSTRAF terug !!!!

Sakkie

Ek huil in my binneste vir die baba. ‘n Geskenk van Vader wat verwerp word. Die ouers wat al kinders verloor het sal presies weet hoe ek voel. Geweld teen vrouens en kinders verdien ‘n vuurpeleton.