Man gevonnis wat 11-jarige verkrag

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Man wat sy 11-jarige susterskind herhaaldelik verkrag het terwyl haar ouma nie by die huis was nie, is Dinsdag in die Vryheid-streekhof in KwaZulu-Natal gevonnis.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die 30-jarige man het in Augustus 2014 die kind by haar huis in Paulpietersburg, naby Vryheid, herhaaldelik verkrag. Hy het glo na die kind omgesien terwyl haar ouma nie by die huis was nie.

“Die kind het by die huis gekom nadat sy by die snoepwinkel was en haar oom het haar in sy kamer ingedwing en verskeie kere verkrag,” het Mbhele gesê. “Die meisie het ʼn buurvrou vertel wat gebeur het en sy het die polisie ontbied. Die meisie is dadelik na ʼn hospitaal geneem om medies ondersoek te word.”

Die meisie se oom is enkele dae later in hegtenis geneem nadat die saak na Vryheid se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings oorgeplaas is. Hy is Dinsdag tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Weerligstraal ·

Verdomde weerligstraal, mag ‘n regte weerlig straal jou tref. Sy straf is te lig, dit wat jy aan hierdie dogtertjie gedoen het is erger as moord, haar siel is oor en oor vermoor! Ek wil nie eens aan die fisiese skade dink nie. Ek hoop regtig sy kry die nodige terapie om weer eendag heel te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.