Man gevonnis wat 79-jarige verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 21-jarige man is Dinsdag gevonnis vir die verkragting van ʼn 79-jarige vrou van Nongoma, oos van Vryheid, in KwaZulu-Natal.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê Thandanani Vuyo Sishwili is in die Nongoma-streekhof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Sishwili het op 3 November verlede jaar helder oordag by die bejaarde vrou se huis in die KwaSishwili-gebied ingebreek. “Hy het haar gedreig en geld geëis. Toe sy sê sy het nie geld nie, het hy haar aangerand, verkrag en gewurg,” het Gwala gesê.

Sishwili is ʼn maand na die verkragting in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rapes ·

Ja ek stem geen opvoeding en geen respek vir bejaardes nie. Di’s darem pateties en nog ‘n bewys dat die regter korrek is.

Anoniem ·

Dis net om mens naar te maak…Hoe verkrag jy n 79 jarige ou dame….Ons mense het verval in sonde…in alles wat lelik is…Dis moord, doodslag, verkragting, ontvoering, pornografie,inbrake…wie weet nie wat als nog nie. Ek dink GOD huil lang trane………………….

Theresa ·

Merk op voorkop : Rapist. Miskien is die 15 jaar dan lank genoeg. Die arme bejaarde sukkel seker daagliks met ongelooflike stress en die trauma maak haar lewendig dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.