Man gevonnis wat boetie verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 20-jarige man van Empangeni in KwaZulu-Natal is gevonnis vir die verkragting van sy sewejarige boetie.

“Die man is Donderdag in die Esikhawini-streekshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê. “Die verdagte het sy boetie glo vir ʼn geruime tyd lank verkrag, maar die ouers het eers daarvan uitgevind toe ʼn vriend dit ontdek het.”

ʼn Saak van verkragting is by die polisie in Mtunzini oopgemaak en die Empangeni-familiegeweld en kinderbeskermingseenheid het die saak ondersoek.

“Geen kind moet aan sulke mishandeling blootgestel word nie, veral nie in sy eie huis nie,” het lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.