Man gevonnis wat Eskom-kabels steel

Argieffoto: GCIS

ʼn 20-jarige man is in die Worcester-landdroshof gevonnis ná hy saam met drie ander persone elektrisiteitinfrastruktuur beskadig het.

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het Maandag gesê Rethabile Mzolisa is skuldig bevind dat hy in Februarie 2018 koperkabels van Eskom gesteel het. Hy is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis.

“Eskom-werknemers het vier verdagtes opgemerk wat onder oorhoofse kabels stap by Noree Cape Lime in Robertson,” lui die verklaring. “Van die verdagtes het die koperkabels gesny en die ander was besig om dit op te rol. Toe hulle genader is, het hulle in verskillende rigtings weggehardloop. Slegs een verdagte is aangekeer.”

Ondersoekbeamptes is nog op soek na die ander drie verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Muffin ·

Na 19 maande word die ander verdagtes nog gesoek.
Dit is pateties hoekom praat die een wat gevang is nie. Hy weet mos wie is sy makkers.

ANC lite ·

Eish no good. Now they cant feed their family. This is the one SA for all. Free for all

SjN ·

Johanna, die enetjie moes sy makkers wat gehelp het ken, laat hom sing en hulle uitbring, sapd monitor seker nog die situasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.