Man gevonnis wat Gereformeerde Kerk besteel

Gereformeerde Kerk Potgietersrus (Foto: Francois van der Merwe/Wikimedia Commons)

Mohamed Luqman Aladi Bello (50) is skuldig bevind op aanklag van bedrog van R1,6 miljoen van die Gereformeerde Kerk in Mokopane (Potgietersrus).

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Bello is op 19 Desember in die Mankweng-streekhof tot 12 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van diefstal, sonder die opsie van ʼn boete. Hy is ook tot 12 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van bedrog, sonder die opsie van ʼn boete. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

“Daar is in Maart 2017 bevind dat R1,6 miljoen uit die bankrekening van die Potgietersrus Gereformeerde Kerk onttrek is. ʼn Saak van bedrog is aanhangig gemaak en na die Valke oorgedra vir verdere ondersoek,” het Maluleke verduidelik.

“Die Valke se ondersoek het onthul dat iemand op ʼn bedrieglike wyse toegang bekom het tot die kerk se bankrekening en die geld is in ʼn ander rekening oorgedra wat uiteindelik tot Bello se inhegtenisneming gelei het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.