Man gevonnis wat hom as premier voordoen

Supra Mahumapelo, die premier van Noordwes. Argieffoto: http://premier.nwpg.gov.za

ʼn Man wat hom as die premier van Noordwes voorgedoen het om hoëprofiel individue uit hul geld te swendel, is vandeesweek in die Mahikeng-streekshof gevonnis.

Thato Hangari (26) is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis wat vir drie jaar opgeskort is. Hy het skuld op ʼn aanklag van bedrog erken.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het gesê Hangari het aan die hof erken hy het homself in 2016 as Supra Mahumapelo, die premier van Noordwes, voorgedoen en hoëprofiele individue gekontak om onder valse voorwendsels geld by hulle te kry.

Hy het die hoof van veiligheid by die Noordwes-wetgewer uit R3 500 geswendel en het voortgegaan om te probeer om ander individue ook te bedrieg.

Hangari is op 24 Desember 2016 deur die Valke in Kuruman in hegtenis geneem en kort daarna op borgtog van R1 000 vrygelaat. Hy het daarna verskeie kere in die hof verskyn totdat hy uiteindelik vandeesweek gevonnis is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Christo ·

Ek net nou amper my broek nat gemaak soos wat ek lag – 25 jaar oud nogal en mense val daarvoor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.