Man gevonnis wat meisie met boer se jaggeweer doodskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 29-jarige man van Graanpoortplaas naby Tweeling in die Vrystaat is gevonnis vir die moord op sy meisie in Oktober 2016.

Sello Isaac Ndaba is in die Frankfort-streekshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklag van huisbraak, moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, het kapt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Ndaba het op 14 Oktober 2016 met sy meisie, saam met wie hy gebly het, baklei oor geld. Hy is na die boer se huis waar hy ingebreek het en twee jaggewere gesteel het,” het Mohobeleli bygevoeg. “Hy is direk daarna terug na sy eie huis waar hy sy meisie koelbloedig doodgeskiet het. Sy is op die toneel dood.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

tamboti ·

Goed beter botter.
Hy kon seker ook die naaste mes, bottel of baksteen gebruik het – wat was sy agenda met die inbraak en diefstal???????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.