Man gevonnis wat meisie vermoor

Argieffoto

Frederick Paulus, die 28-jarige man van die Noord-kaap wat sy meisie in 2015 “koelbloedig” vermoor het, is Saterdag in die Springbok-streekhof tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, sê Paulus het op 4 Oktober 2015 saam met sy meisie gaan stap toe daar ʼn rusie tussen hulle ontstaan het. Hy het haar verskeie kere met ʼn mes gesteek, haar nek halfpad afgesny en haar liggaam toe in die bosse agtergelaat.

Haar liggaam is vier dae later opgespoor nadat haar familielede haar vroeër dieselfde week as vermis aangemeld het.

“Paulus is dadelik nadat die polisie haar liggaam gevind het in hegtenis geneem, en was sedertdien steeds in polisieaanhouding,” sê Mooi.

Hy is ook onbevoeg verklaar om ooit weer ʼn vuurwapen te besit.

“Die familie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens verwelkom sy vonnis,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Illa ·

Watse soort mens eis iemand se lewe op so ‘n ongelooflike geweldadige wyse en dit oor ‘n rusie? Wat kon dit moontlik regverdig het in sy oë? Dis absoluut afgryslik!

Cherokee ·

Hoop hy kry nie afslag vir die tyd wat hy reeds sit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.