Man gevonnis wat ouma voor kleinkind verkrag

Argieffoto

Sihle Ntembe (38), wat ʼn 70-jarige vrou in die teenwoordigheid van haar kleinkind verkrag het, is in die Pinetown-streekshof in KwaZulu-Natal gevonnis.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê Ntembe is vier keer lewenslange tronkstraf opgelê op aanklag van verkragting, 15 jaar op aanklag van roof en vyf jaar op aanklag van diefstal.

“Ntembe het op 5 November 2016 toegang bekom tot ʼn huis in KwaNdengezi waar hy ʼn ouma herhaaldelik voor haar kleinkind verkrag het,” het Gwala verduidelik. “Die beskuldigde het die ouma met ʼn mes gesteek voor hy met haar selfoon en kontant van die toneel gevlug het.”

Tydens die ondersoek het beamptes die verdagte in Dassenhoek opgespoor en hy is in hegtenis geneem. “ʼn Uitkenningsparade is gehou en die slagoffer het die beskuldigde positief uitgeken.”

Gwala het gesê die professionele hantering van dié saak het ʼn suksesvolle vervolging verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

BAREND ·

ek wonder nou net ,hoekom was dit nie op tv en op die nuus ,waar was die D.A en A.N.C vroue liga en die E.F.F ,Het hulle ook voor die hof ge toy -toy

Pop ·

Barend ek het ook dieselfde ding gewonder. Ek sal jou se hoekom nie. Hulle toy toy net as dit wit oortreders is. En ek is bly want dit wys hulle verwag nie ons tree so op nie.

PIPPIE LANGKOUS ·

Kan iemand asb vir my verduidelik wat die verskil is tussen roof en diefstal? Dankie

Olly ·

Ek het ook nogal gewonder…roof…diefstal? Wat erger is, is dat dit al in 2016 gebeur het en die vonnis nou eers opgelê is. Nou wonder ek hoeveel keer hy al uit op borg was en verdere oortreding gepleeg het…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.