Man gevonnis wat pa oor erfporsie vermoor

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn 31-jarige man van Grassy Park in die Wes-Kaap is swaar gestraf vir die moord op sy 71-jarige pa.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is vroeër vandeesmaand in die hooggeregshof in Kaapstad tot 23 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis nadat hy sy pa op 7 November 2016 verwurg het.

Jonathan Schapira is skuldig bevind en gevonnis op ʼn aanklag van moord met voorbedagte rade nadat daar vasgestel is dat sy pa nie aan natuurlike oorsake gesterf het nie.

Volgens Van Wyk is die polisie op 7 November na ʼn toneel in Zeekoevlei uitgeroep, waar die slagoffer se liggaam aangetref is. Die polisie het met ʼn geregtelike doodsondersoek begin.

“Sers. Ricardo Goldsmith het daarna inligting ontvang dat die beskuldigde beplan het om sy pa dood te maak omdat die pa hom glo wou onterf. ʼn Nadoodse ondersoek het aangedui dat die oorledene inderdaad verwurg is,” het Van Wyk gesê. Schapira is later in verband met die moord in hegtenis geneem.

Lt.kol. Ettiene van Ede, bevelvoerder van die Grassy Park-speurdiens, het Goldsmith geloof vir sy deeglike ondersoek in die saak wat tot Schapira se skuldigbevinding gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cor ·

Gulsigheid vir wat jy nie eers voor gewerk het nie. Dit is n voorreg as jou ouers vir jou iets nalaat, geensins n reg nie. Hulle het swaar gekry om jou en die res van die familie groot te maak en n opvoeding te gee. Dan moor jy vir wat nie joune is nie. So dra maar die gevolge.

SêNet71 ·

‘n Erflating is ‘n geskenk en is jy glad nie geregtig daarop nie. Geld laat mense snaakse dinge doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.