Man gevonnis wat pa, vriend vermoor

(Argieffoto: Maroela Media)

’n Noord-Kaapse man wat sy pa en vriend in ’n woedeuitbarsting vermoor het, is vandeesweek tot 30 jaar tronkstraf gevonnis.

Renaldo van Wyk (31) het Dinsdag in die Groblershoop-landdroshof verskyn waar hy sy lot aangehoor het.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Van Wyk en sy pa, David Malo (52), was op 6 Februarie vanjaar in ’n hewige woordewisseling betrokke toe hy Malo twee keer met ’n mes in die rug gesteek het.

Van Wyk het ook sy vriend, Johnny Ntlokwana (26), een keer in die bors gesteek.

Albei slagoffers is op die toneel dood.

“Van Wyk is enkele ure later in hegtenis geneem en was steeds ten tyde van sy vonnisoplegging in aanhouding.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tiptol

In ‘n oomblik sy hele lewe verwoes.

Desiré

Hoe steek jy jou pa en jou vriend met ń mes dood? Waaroor was die woordewisseling, dalk was dwelms betrokke?

Diline

Hartseer! Daar is soveel haat tussen mense deesdae, skrikwekkend!

Shakespeare

Net nog ‘n barbaar. Behoort goeie getuigskrif te wees om as Minister verkies te word. Afrika het ‘n baie sagte plekkie vir kriminele.