Man gevonnis wat seuns verkrag

Argieffoto

ʼn 37-jarige man is in die Bloemfontein-streekhof gevonnis op aanklag van die verkragting van twee jong seuns.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee seuns het op 24 Oktober 2017 buite die beskuldigde se huis in Bloemspruit Phase 10 gespeel. “Hy het die twee seuns, onderskeidelik vier en ses jaar oud, na nabygeleë bosse gelok en die sesjarige seun verkrag. Hy het vir hulle R5 elk gegee en aangesê om nie enigiemand te vertel nie.”

Drie dae later, op 27 Oktober 2017, het die man dieselfde seuns geroep en dié keer die vierjarige seun verkrag. Hy het weer vir die seuns R5 elk gegee.

“Die sesjarige het een van sy vriende vertel wat gebeur het en die vriend het toe ouers in die gemeenskap ingelig. Die polisie in Bloemspruit is ontbied en ʼn 37-jarige beeswagter is in hegtenis geneem op twee aanklagte van verkragting,” het Makhele bygevoeg.

Die saak is in die Bloemfontein-streekhof afgehandel waar Lepita Nkoto, oorspronklik van Lesotho, tot twee keer lewenslank gevonnis is vir die verkragting van die twee seuns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

In SA beteken dit 1 x Lewensllank want vonnis word aaneenlopend uitgedien

Anoniem ·

Ek is ‘n afgetrede Mans Pensioenaris en kan dit nie verstaan………………………..HOE VERKRAG EEN MAN ‘N ANDER MAN??? Ek is seker te onnosel!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.