Man gevonnis wat stiefdogters jare lank verkrag

Argieffoto

ʼn 51-jarige man van Randfontein wat daaraan skuldig bevind is dat hy sy twee stiefdogters jare lank verkrag het, is Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Regter Cassim Moosa het die man in Februarie skuldig bevind aan aanklagte van verkragting en seksuele aanranding. Die man se naam kan nie bekendgemaak word nie om die identiteit van sy stiefdogters te beskerm.

Moosa het gesê ten spyte van die feit dat die man die meisies as ʼn pa liefgehad het, het hy hul vertroue geskend. “Die beskuldigde het tydens die verhoor geen berou getoon nie. Hy het sy stiefdogters behandel asof hulle sy vroue was en gereeld seksuele omgang met hulle gehad,” het Moosa gesê.

Die verkragting en seksuele aanranding het oor ʼn tydperk van sewe jaar plaasgevind en het eers aan die lig gekom nadat die twee susters ʼn berader by hul skool daarvan vertel het. Die stiefdogters se ma het van die seksuele aanranding geweet, maar het aan die hof gesê sy is nie ʼn konfronterende persoon nie en het nie geweet hoe om die saak met haar man te bespreek nie.

Die meisies se ma het gesien hoe haar man sy hande in een van die dogters se onderklere druk, maar het hom nie gekonfronteer oor sy gedrag nie.

Die meisies het tydens die verhoor aan die hof gesê hulle het aanvanklik stilgebly oor die seksuele mishandeling omdat hulle gedink het alle meisies ervaar so iets in hul huise. Nadat ʼn vriendin wat deur dieselfde trauma gegaan het aan hulle gesê het dit is nie veronderstel om te gebeur nie, het hulle die moed gekry om iemand daarvan te vertel.

Moosa het gesê die seksuele misbruik het daartoe gelei dat die meisies nou sukkel met angs, vrees, vertroue, selfmoordneigings en losbandige gedrag op ʼn jong ouderdom. Hy het gesê hy het die gesinsomstandighede, die beskuldigde se vlak van onderrig en die feit dat hy ʼn eerste oortreder is in ag geneem toe hy op ʼn vonnis besluit het.

“Daar gaan omtrent nie ʼn dag verby dat die media nie berig oor ʼn vrou of kind wat verkrag of mishandel word nie,” het Moosa gesê. “Ek is van mening dat daar nie enige dwingende redes is om van die voorgeskrewe minimumvonnis van lewenslange tronkstraf af te wyk nie.” Moosa het ook beveel dat die man aan seksoortreder- en woedebeheer-programme moet deelneem.

Die man het emosieloos in die beskuldigdebank gestaan terwyl hy gevonnis is. Adv. Marius van Wyngaard, die man se regsverteenwoordiger, het direk na die vonnisoplegging aansoek gedoen om teen die vonnis te appelleer.

Adv. Rolene Bester vir die staat het aangevoer geen ander hof sal tot ʼn ander gevolgtrekking kom nie en daarom moet die aansoek nie toegestaan word nie. Moosa het gesê ʼn hof wat tevrede is met ʼn vonnis wat opgelê is, moet nie ʼn aansoek om appèl sommer vir geen rede toestaan nie. Hy het die aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Uvonka ·

Die “ma” moet ook aangekla word! Sy moes haar kinders beskerm het teen die vark! Nogal nie konfronterend nie! Rerig???????

Marnus ·

Ek stem saam hoekom al van tevore geskei as sy nie n konfronterende mens is nie wat het haar ex dan gedoen dat hul uit mekaar is as hierdie nie genoeg rede was nie sy moes alles in haar vermoë gedoen het om haar kinders te beskerm

Anoniem ·

Hierdie “ma” het haar kinders liederlik in die steek gelaat, en behoort ook gestraf te word.

Arsène Lupin ·

Hemel – hy druk sy hande voor haar in haar dogter se onderklere, en sy doen niks!

Tever ·

Sluit sommer die ma ook toe asb, Slapgat as jy my vra.. Gelukkig sal sy nooit n verhouding met haar dogters he nie en sy verdien dit ook nie.

Skande!! ·

Ek stem die ma moet ook sommer aangekla word want hoe kan n regdenkende moeder so iets toelaat?? Ek se sluit hulle al2 toe en gee hulle elkeen sommer 4 keer lewenslank tronkstraf en sommer nog n 4 keer lewenslank tronkstraf in hulle volgende lewe! Sies!! Kry hulle nie skaam nie?!!Mag hulle gewetes hulle vir lewenslank jaag vir wat hulle as ouers aan die arme dogters gedoen het! Mag die 2 dogtertjies berading kry om hierdie trauma te verwerk.

Genieve ·

kla die Ma ook aan miskien was sy betaal om stil te bly.Syt dan alles gesien en stilgebly.

Amelia ·

Mooi vir die regsmense wat opstaan vir die kinders. Ek wonder of die dame wat se nonsens, dit kan nie wees. Dame weet jy hoe groot vrees kan kinders vir ouers he wat geweldadig is? Vir die ma: Jy is siek in jou koppie. Sluit jou toe en smyt die sleutel weg. Die stiefpa kan maar swing.

Mrs.B ·

Mag alle hel op albei die ouers neer kom. Ek raak so hartseer as ek sulke nuus lees. Ai die wereld van ons het darem siek mense . Ek sal as ouer, my hande stukkend baklei om my kinders te beskerm. Mag die meisies die nodige berading kry om bo die verwoestende gebeure uit te styg.

Kotie ·

Weet nie waarheen my vorige pos heengegaan het nie maar ek stem saam die Moeder is net so skuldig in die geval. Daar is so baie Ma’s daarbuite wat sien hoe hulle kinder mishandel of misbruik word maar bly stil. Mnr van Wyngaard n vraag aan jou – as jou dogter by die twee dogters gekuier het en sy was ook gemolesteer wat sou jy gedoen het hom nogsteeds verdedig, nogsteeds vra vir n ligter vonnis

Marlien ·

Stem saam die ma is net so skuldig sluit haar ook toe. my hart bloei vir daardie 2 dogters.

Tanya ·

Ma!!! Noem sy haarself ‘n ma??? Geen ma, geen, geen, maar geen ma is veronderstel om so iets toe te laat en NIKS daaraan te doen nie. Sy moet saam met hom gevonnis word.

Liza101 ·

My hart bloei vir hierdie kinders. Hulle verdien soveel beter as ‘n vark vir ‘n stiefpa en ‘n ma wat geen ruggraat het nie. Ek is so jammer vir julle! Gee daai slegte man vir my ek sny af wat pla!

susan ·

Ma? Is n ma nie veronderstel om n kind te bsekerm. Sluit die ding toe. Eerste oortreding van die pa….7 jaar? Altwee grootmense ( ek kan nie die woord ouers gebruik want hulle is nie) moet suffer soos die kinders gesuffer het.

Engela ·

Regter Moose sê hy’s ‘n eerste oortreder maar hy doen dit al sewe jaar lank? So kan mens maar dieselfde misdaad oor en oor doen sonder om gevang te word dan bly jy ‘n eerste oortreder?

heksie ·

Ek sal haar graag wil “Konfronteer”, sy was te bang hy los haar daarom dat sy die walglike gedrag toegelaat het. Jou kinders moet altyd, maar altyd jou eerste en belangrikste prioriteit wees.
Gooi haar in ‘n sel met seks oortreders en kyk hoe hanteer sy dit as almal net toekyk maar nie help nie!

Vee ·

Nie vir 1 oomblik glo ek hys n 1ste oortreder nie, hys nog net nie voorheen uitgevang of verklae nie !!! En die Ma moet self gevonnis word ook lewenslank want syt dit toegelaat en SYS DAN MEDEPLIGTIG aan hierdie siek dade!!!! Daar staan geskrywe ” daar is niks bedek wat nie sal onthul word nie ” Luk 12:2 . . .

Monique ·

Goeie genade … WATSE Ma los dit net so?? Sy MAG NIE ‘n MA genoem te word NIE!!
Daai arme 2 meisiekinders is veraltyd seer gemaak … Fisies & Geestelik!
Al wat ons kan doen is om te bid dat geregtigheid sal geskied!

Swartkat ·

Die stiefma laat dit toe – regtig is sy vertraag of gee sy nie om nie, Lyk eerder of sy niks wou doen nie , sy moet ook gaan sit – sies

Snoepie ·

Die naam ma nie werd nie!!!
Sys net so skuldig soos die stiefpa. Indien nie meer nie!! Syt meer geworry oor haarself as haar kinders. Sies vir haar. Al wat ek kan sê vir haar is oppas. Die wiel draai; al is dit stadig

moerige Jan ·

Hoekom moet die ma of vrou altyd vry stap. Is die hoeveelste keer wat ek hoor, die vrou of ma het geweet maar is n nie konfronterende persoon, noe geskool, vrees, bang en en en. de hel is siek man. Sê die wet nie as jy weet moet jy praat nie! Altyd kom die vrou weg. Op die ou end is die deler net soos die steler. Dit maak my moerig. Kla die vrou ook aan.

Meraai ·

Nie ‘n konfronterende persoon nie?! Vrou!!!! Dan vat jy jou kinders en jy loop as jy nie kan sien om sy harspan in te duik nie!!! Hulle moet die goed (verkragters en molesteerders) na ‘n eiland met honger leeus verban.

Anoniem ·

Kan jy glo….ma het geweet…Nee hel genade die vrou hoort in die hel….Sy het toegelaat dat die man dit aan haar kinders doen. Sy noem haarself n ma…ek dink sy is verkeerd!!!!!!!

Aaaaaaa ·

My dogtertjie was net 9jaar oud… Wou hom doodskiet! Het myself en al my kinders in die kamer toegesluit en vir die Here gevra om my te keer… Het donker vroeg die volgende oggend met die kinders uitgesluip met basies net die klere aan ons lywe, en daardie huis vir altyd en ewig verlaat! Sonder om te weet waar ons sou bly of hoe ek vir ons sou sorg… Maar die Almagtige Hemelse Vader het na ons gekyk!

Astrid ·

Mamma, vir jou trek ek sommer oor my skoot en gee jou die pakslae wat jy verdien!!!! Hoe staan en kyk jy toe hoe ‘n man jou kinders so afbreuk en verkleineer? Sies man, ek skaam my vir jou! Jy moet na hulle omsien, hulle troos as hulle huil en saam lag as hulle gelukkig is maar neè, ons het probleme met konfrontasie! Mannetjie, as ek die dag moet uitvind wie jy is, kry ek die hele Randfontein om my te help om jou plat te trek – Randfontein mag dalk klink soos die myndorpie wat hy is, maar moet ons nie weggooi nie! Vir die advokaat wat teen die vonnis appelleer, ek hoop werklik jy kan rustig slaap. Dit is een ding om ‘n onskuldige mens te verteenwoordig maar om die man te verteenwoordig, of jy aangesê is om dit te doen of nie, maak my naar! Elke dag word vrouens, meisies, kinders en seuns verkrag of seksueel geteister – DIT IS NIE NORMAAL NIE, ONS IS NIE JOU BLERRIE SPEELDING NIE!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.