ʼn 26-jarige man wat skuldig bevind is dat hy sy swanger 18-jarige vriendin verkrag en verwurg het, is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis.
Regter Johan Kruger het Thato Kutumela tot 20 jaar gevonnis vir Zanele Khumalo se moord. Kutumela is 10 jaar tronkstraf opgelê vir die aanklag van verkragting en ses maande vir diefstal. Dié vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.
Kutumela is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.
Terwyl Kutumela se vonnis uitgelees is, het die publieke gehoor “yes” en “amen” gesê. Die mense het ook hande geklap toe Kutumela na die aanhoudingselle vergesel is.
Hy is verlede jaar in November skuldig bevind aan die moord op Khumalo en hul vyf maande oue ongebore baba. Sy is in April 2011 dood aangetref by haar ouers se huis in Garsfontein, Pretoria-Oos. Hy het haar nagklere gesteel met die hoop om die verkragting te versteek. Haar naakte liggaam is onder ʼn kombers op haar bed aangetref. – SAPA
Vonnisse is hopeloos te lig. Dit skrik nie eers meer die voornemende verkragters en moordenaars af nie.
Jordan Linn Graham (22) is Donderdag tot 30 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar man, agt dae ná hul huwelikseremonie, van ʼn krans afgestamp het.
Die vrou kry 30 jaar vir moord, en Thato Kutumela 20 jaar gesamentlik vir 2 moorde en verkragting…