Man gevonnis wat swanger vriendin vermoor

boeie 2ʼn 26-jarige man wat skuldig bevind is dat hy sy swanger 18-jarige vriendin verkrag en verwurg het, is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis.

Regter Johan Kruger het Thato Kutumela tot 20 jaar gevonnis vir Zanele Khumalo se moord. Kutumela is 10 jaar tronkstraf opgelê vir die aanklag van verkragting en ses maande vir diefstal. Dié vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Kutumela is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Terwyl Kutumela se vonnis uitgelees is, het die publieke gehoor “yes” en “amen” gesê. Die mense het ook hande geklap toe Kutumela na die aanhoudingselle vergesel is.

Hy is verlede jaar in November skuldig bevind aan die moord op Khumalo en hul vyf maande oue ongebore baba. Sy is in April 2011 dood aangetref by haar ouers se huis in Garsfontein, Pretoria-Oos. Hy het haar nagklere gesteel met die hoop om die verkragting te versteek. Haar naakte liggaam is onder ʼn kombers op haar bed aangetref. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Veronica Deacon ·

Vonnisse is hopeloos te lig. Dit skrik nie eers meer die voornemende verkragters en moordenaars af nie.

Frederick ·

Jordan Linn Graham (22) is Donderdag tot 30 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar man, agt dae ná hul huwelikseremonie, van ʼn krans afgestamp het.

Die vrou kry 30 jaar vir moord, en Thato Kutumela 20 jaar gesamentlik vir 2 moorde en verkragting…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.