Man gevonnis wat verstandelik gestremde vrou verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn verstandelik gestremde vrou in ʼn ouetehuis in Helpmekaar, KwaZulu-Natal, verkrag het.

“Khawulani Patrick Magubane (29) het Woensdag in die streekshof in Dundee verskyn,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, Donderdag gesê.

Die 29-jarige vrou het op 25 Augustus 2012 omstreeks 22:00 in haar bed lê en slaap toe ʼn klop aan die deur haar wakker gemaak het. “Magubane het beweer hy wou seker maak sy is veilig,” het Zwane gesê. “Toe sy die deur oopmaak, het hy haar arm gegryp, haar verkrag en toe gevlug.”

Die slagoffer het in haar slaapkamer probeer begryp wat gebeur het.

“Magubane het ná die voorval gespog dat hy seksueel met die slagoffer verkeer het, maar sy kollega het die saak by die matrone aangemeld. Die polisie is daarna ontbied om die saak verder te ondersoek,” het Zwane bygevoeg.

ʼn Saak van verkragting is by die Helpmekaar-polisiestasie aanhangig gemaak en die saak is aan die familiegeweld-, kinderbeskerming- en seksueleoortredingseenheid van Dundee oorhandig.

Mmamonnye Ngobeni, provinsiale kommissaris, het die vonnis verwelkom. “Dit sal as ʼn afskrikmiddel dien vir ander persone wat dink hulle kan op weerlose vroue en kinders teer en daarmee wegkom,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.