Man gevonnis wat vrou in aantrekhokkie verfilm

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Donderdag in die Oos-Londen-landdroshof gevonnis nadat hy ʼn jong vrou in ʼn aantrekhokkie verfilm het.

Kevin Fernandes (36) het skuldig gepleit op ʼn aanklag van crimen injuria en is tronkstraf van 100 dae of ʼn boete van R5 000 opgelê. Die hof het R3 000 van die boete opgeskort en Fernandes het aangedui dat hy die boete sal betaal. Sy naam sal ook op die seksoortrederregister geplaas word.

Fernandes het in Desember 2014 sy selfoon onder die deur van ʼn aantrekhokkie gedruk in die Pick n Pay-klerewinkel by die Beacon Bay-winkelsentrum. Die 19-jarige vrou wat hy probeer afneem het, het hom betrap.

Kapt. Stephen Marais, polisiewoordvoerder, het op die toneel opgedaag waar hy Fernandes in die parkeerarea betrap het met ʼn skare mense om hom wat verhoed het dat hy wegry. Die slagoffer se ma het gesê die doel van die hofsaak was om sy naam op die seksoortrederregister te kry. Sy het gesê dit is belangrik dat die gemeenskap teen mense soos hy gewaarsku word.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.