Man gevonnis wat vrou met panga vermoor

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn Man van Limpopo, wat in 2014 ʼn jong vrou wreed verkrag, vermoor en haar hand met ʼn panga afgekap het, is Woensdag in die hooggeregshof in Polokwane gevonnis.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Ernest Malatji (41) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Kgomotso Raolane op 24 Januarie 2014. Hy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Volgens Otto het Raolane die betrokke dag saam met vriende naby die Rhelela-nedersetting buite Tzaneen gestap toe Malatji, wat met ʼn panga gewapen was, hulle oorval het. Raolane se vriende kon daarin slaag om weg te hardloop en Malatji het Raolane in die bosse in gesleep.

Hy het haar mond met ʼn lap toegebind voordat hy haar verkrag en vermoor het. Voordat hy die toneel verlaat het, het hy haar linkerhand afgekap. Raolane se liggaam is die volgende dag deur ʼn verbyganger gevind. Sy het kapmerke aan haar kop en gesig gehad en is verwurg.

“Haar dood het aanleiding gegee tot gewelddadige betogings in die gebied, waartydens een van die polisie se satelliet-stasies afgebrand is,” het Otto gesê. “Malatji is eers weke later in Bolobedu in hegtenis geneem. Hy is uiteindelik deur middel van DNS met die moord verbind.”

Lt.genl. Nneke Ledwaba, die provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekspan gelukgewens met hul ondersoek wat tot die skuldigbevinding en vonnis van die moordenaar gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Petro ·

So..haar vriende hol weg.. en gaan nie eers terug om haar te soek nie.
Baie sad en wreed. Rus sag jong dame…niemand verdien so dood nie ?

Uitstekende werk ·

Uitstekende werk van die 1ste polisieman tot die laaste forensiese polisiemanne/dames, aanklaer, getuies en regter! Baie geluk wat n prestasie in hierdie verontregte situasie, hy het n vrou se reg weggeneem en hy het 25 jaar om daaroor te dink en te leer dit is verkeerd!

Johann Marx ·

En dit vat TWEE jaar om by hierdie punt uit te kom? Jy het die verdagte, die lyk, getuies, DNA, ‘n regter, aanklaer en alles wat nodig is om hierdie gemors weg te bêre….en dan vat dit TWEE JAAR om die proses te voltooi? Dit is amper net so tragies as die voorval self. Maar gaan kyk maar hoe wan-funksioneel is ons howe…..Laat opdaag, tee drink, uitstel, uitstel, uitstel, dokumente raak weg, personeel speel “siek”, uitstel, uitstel, uitstel….en die belastingbetaler betaal.

charlene ·

Aai so `n jong dame wat so `n wreede dood moes sterf, so onnodig.
Ek hoop haar vriende wat weg gehardloop het voel die res van hulle lewe skuldig ook.
ek hoop haar familie kan vrede vind, dis net jammer dis nie die dood straf nie maar hy gaan vir `n baie lang ruk weg wees. Mag God julle seer dra en gesond maak.

Piet ·

Die plek waar sy vermoor is se naam is Mokutung. Dis 1Km van die eggogrotte naby Origstad. Ek wonder waarom julle nie “gewone” kommentaar soos die plaas nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.