Man gewond toe twee drank soek

(Argieffoto: Maroela Media)

ʼn Oos-Kaapse man is Sondag in die vroeë oggendure gewond toe twee mans glo in die huis ingebreek het op soek na alkohol.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, sê die 54-jarige man en ʼn vriend het in die huis in Motherwell geslaap toe twee mans die kombuisdeur oopgeskop en ingekom het.

“Hulle het drank geëis en toe hulle hoor daar is niks, het een verdagte ʼn skoot op die slagoffer probeer skiet. Die vuurwapen het nie gewerk nie en hulle het gevlug,” het Naidu gesê.

Enkele minute later is die verdagtes glo terug na die huis waar hulle wéér op alkohol aangedring het.

“Hulle is weer ingelig dat daar geen alkohol op die perseel is nie. Hierdie keer is twee skote afgevuur, waarvan een die slagoffer in die linkerskouer getref het.

“Die verdagtes het daarna weggehardloop.”

ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek. Die verdagtes is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Cyril jou “people” man! Kyk wat maak die dronkies vir drank eish! Lyk my Covid en die verbod tas die mense se brein aan…

Blomme ·

Was dit dalk ń sjibeen? Hoekom terug kom as jy weet die mense in die huis loop die narrow pad en smous nie met drank nie.

Karina ·

So begin die geweld uit desperaatheid om drank in die hande te kry. Ramaphosa, dit werk nie, het nie in die verlede gewerk nie en sal nooit werk nie. Intussen sit duisende sonder werk, biljoene liters wyn gaan verlore, die wynboere gaan onder, oorsee koop nie meer Suid Afrikaanse wyne nie agv die ewige drank verbod. Ander lande het ook “lockdowns” maar nie tot die mate wat in hier aangaan nie, of praat ek verkeerd?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.