Man gewond, twee vas ná skietgeveg met polisie

Argieffoto: Kent Williamson

Drie mans is in hegtenis geneem in Atteridgeville ná hulle betrokke was in ʼn skietgeveg met die polisie.

Kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Donderdag wenke opgevolg van vyf mans wat glo betrokke was in voorvalle van taxi-geweld.

“Die verdagtes is omstreeks 06:30 gewaar en het op die polisie losgebrand,” het Huma gesê.

Huma het gesê een verdagte is geskiet, twee ander in hegtenis geneem en twee kon daarin slaag om te ontsnap. Die verdagtes is tussen 25 en 37 jaar oud.

ʼn Saak van poging tot moord is by die Atteridgeville-polisiestasie aanhangig gemaak vir nadere ondersoek.

Drie mans is Donderdag in ʼn ander, onverwante voorval in hegtenis geneem in Laudium ná gesteelde goedere in hul besit gevind is. ʼn Saak van besit van gesteelde goedere is by die Laudium-polisiestasie aanhangig gemaak vir nadere ondersoek.

Die verdagtes sal binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lou ·

Baie goed gedaan SAP. Nou is my vraag net as ons burgerlikes iemand skiet in ooglopende selfverdediging dan word ons outomaties van moord aangekla. Ek is nie ten gunste daarvan dat die polisieman wat sy werk doen aangekla word nie, maar dan ook nie die burgerlikes wat ooglopend hulself beskerm nie. As daar dan nou later vasgestel word dat daar vuilspel was, tydens die geregtelike ondersoek, kan hulle nog steed klagtes maak. Maar as ek myself en my familie beskerm word ek in hegtenis geneem, geboei en agter in ‘n vangwa ingeboender. Dan moet my familie in die midernagtelike ure ‘n prokureur probeer kry terwyl ek in die selle sit? Dis nie aanvaarbaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.