Man glo deur kameelperd doodgetrap op wildplaas

Argieffoto.

Argieffoto.

Die Limpopo-polisie begin dié week met  ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn man vermoedelik op ʼn wildsplaas naby Bela-Bela (Warmbad) deur kameelperd doodgetrap is terwyl hy gaan fietsry het.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die man, Braam Bosse (45), het Sondag omstreeks 16:30 alleen gaan fietsry in die Thaba Monaté- wildlodge toe hy vermoedelik deur ʼn kameelperd aangeval is.

“Daar word vermoed dat hy dood is weens ʼn kameelperd-aanval omdat sy liggaam in ʼn gebied gevind is waar die kameelperde gereeld voorkom,” het Otto gesê.

“ ʼn Groep gaste wat gaan stap het, het op sy liggaam afgekom en hulp ontbied.”

Otto het gesê Bosse was ʼn gas op die wildplaas en is glo van Nigel in Gauteng.

Pierre van der Merwe, bestuurder van Thaba Monaté, het aan Maroela Media gesê hulle sal kommentaar lewer sodra die polisie hul ondersoek voltooi het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

scalla ·

Gaan kyk wild met n besigtingsvoertuig, nie op n fiets nie asseblief

Besorgd ·

Die wilds plaas is baie mooi en bekend vir die veiligheid omdat daar staproetes ens deur die plaas is. My kollega is dood en jou antwoord is onvanpas

nig ·

Besorgd – ja die mense wat soms hier kommentaar lewer is baie onsmaaklik. Kyk maar berig oor leeus in Oos Londen dieretuin ook. Hulle dink so-iets is grappies. Diere bly maar wild en dit mag wees dat daar kleintjies was of dalk paartyd of dragtige koei – die ondersoek sal wel wys wat gebeur het. Simpatie en sterkte aan die familie

Christanam ·

Ai hoe tragies, my gebede aan sy vrou, kinders, ouers en skoonouers en familie.

fransien ·

Nou gaan die arme kameelperd seker
gesoek en van kant gemaak word.

Hannelie Jordaan ·

Ek kan nie dink dat dit kameelperde se ge-aardheid is om aan te val nie sou eerder dink hy sou hardloop.

Peet Schabort ·

Dalk paartyd en het hy onbewus tussen twee kameelperde geland? Dis gewoonlik wanneer olifante ook moles maak.

Peet Schabort ·

Sien nou nie my kommentaar maar eerder ‘beland’ as ‘geland’.

Ladybug ·

Miskien het die kameelperd hom as ‘n bedreiging gesien, gewoonlik is hulle mos maar kalm diere.

Agnes ·

Dit was beslis net n ongeluk, kameeerde is nie agressief nie

Agnes ·

Dit was beslis net n ongeluk, kameeerde is nie agressief nie

Alki ·

Jammer om te hoor van die tragedie, innige simpatie met sy familie , kollegas en vriende. dit wil vir my voorkom of kameelperde nie van fietsryers hou nie , daar was ‘n paar jaar gelede ook so voorval in die Groenkloof natuurreservaat waar ‘n kameelperd ook ‘n fietsryer aangeval en geskop het, hy het dit gelukkig oorleef , maar die fiets is baie beskadig,dit laat ‘n mens wonder….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.