Man glo deur tuinier van afgelope 26 jaar vermoor

Herman Scholtz (Foto: Facebook)

ʼn Man is Sondag in die vroeë oggendure in sy huis in Pretoria vermoedelik deur sy tuinier van die afgelope 26 jaar vermoor.

Herman Scholtz (59) het Sondag omstreeks 02:00 tydens die aanval verskeie messteke in sy meenthuis in ʼn woonkompleks in Eldoraigne opgedoen terwyl sy bure met afgryse moes toekyk toe hulle nie die veiligheidshek na sy huis kon oopkry om hom te hulp te snel nie.

Hein Scholtz, Herman se broer, het Dinsdag aan Maroela Media vertel dat sy broer die aanvaller goed geken het. “Die verdagte het 26 jaar vir my broer gewerk. Iemand wat jy só lank ken, is amper soos familie in jou huis. My broer het gehelp dat sy dogter universiteit toe kon gaan,” het Hein gesê.

Volgens Hein was daar geen gedwonge toegang tot die huis nie. “Ek is nie seker hoe die [verdagte] ingekom het nie. Miskien het hy geklop en toe maak Herman vir hom oop omdat hy hom so goed geken het,” verduidelik hy.

Die verdagte het Herman glo verskeie kere met verskeie messe gesteek. Herman het homself gedurende die aanval probeer verdedig waarna die bure ʼn groot lawaai gehoor het. Hein vertel dat die bure die aanval deur die venster kon sien. Hulle kon egter nie in die huis kom nie en het ʼn sekuriteitsgroep in die omgewing se hulp ontbied, vertel Hein.

Hein sê dat die sekuriteitsgroep met ʼn gespook die deur kon oopkry en die verdagte is op die plek in hegtenis geneem. “Daar word deur diegene op die toneel beweer dat die verdagte onder die invloed van drank was,” sê Hein. Dié inligting kon egter nie in dié stadium bevestig word nie.

Paramedici is ook na die toneel ontbied maar Scholtz het by hul aankoms reeds aan sy beserings beswyk.

“Hy was die beste mens en beste kollega. Hy was so saggeaard. Jy kan net dink watter soort mens help ʼn ander se kind om universiteit toe te gaan,” vertel Hein oor sy broer.

Herman word Vrydag om 11:00 in die Ewige Lig-gemeente in Montana Park in Pretoria ter ruste gelê.

Hy word oorleef deur sy tweelingseuns, Johan en Herman Scholtz, albei 28 jaar oud, en ʼn kleinkind.

Maroela Media wag op terugvoer van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

42 Kommentare

jongste oudste gewildste
LD

Doen maar liefs alle take myself! Laas nag is daar by ons bure se plaas ingebreek, gelukkig is niemand beseer nie maar hyt heelwat werkers wat op die plaas ook bly. My huis is nie perfek nie want ek kom net nie by alles uit nie, dis maar 1 keer in 2 weke wat als weg geskuif en ordentlik skoon gemaak word, res van die tyd maak ek net gewoonweg skoon, leefbaar. Maar ek sal nooit toelaat dat iemand my huis kom skoonmaak nie. Hulle kyk net hoe jou opset is en wanneer die tyd reg is slaan hulle toe… Lees meer »

Genieve

26jaar vir hom gewerk kan jy glo wat het hom besiel en dan het hy nog gesorg dag sy kind universiteit toe gaan??? wat het hy vir homself te se die man was soooo goed vir hom Hah goed doen is kwaad doen

erika

Winnie Rust van Wellington is ook in haar huis vermoor deur haar werker se seun. Winnie het ook vir sy skool betaal en als….Sulke goed maak my woedend, maar om my velkleur verkeerd is moet ek stilbly…Die wiel draai!!! Rus in vrede! Sterkte aan sy familie..

Dorothy

Dis verskriklik. Voel so jammer vir die tweelingseuns. Ek dink terug aan my eie pa
was 77jr wat so vreeslik aangerand was in 2009 in die Moot Pta. Hy het op sy eie stoep gesit en verbygangers het hom so geslaan en is die volgende dag oorlede. Hulle loop nog steeds rond.

TLC

Simpatie vir famielies en vriende Dit is vreeslik hartseer Ek is ook daar Hy werk ook 26 jaar hier Let wel eenkeer n maand in my tuin net voor payday en dan werk hy elke ander dak Dag by vasgestelde mense waar hy ook sy pay kry Maar ek nou daar wat ek hom alklaar gevra het om te gaan Want ek opsoek na kleiner blyplek kan nie meer huis onderhou nie al 2 sy seuns wat ek gehelp het met skool is meer in die tronk as buite Die artikel laat koue rillings teen my rug af Hy bly… Lees meer »