Man glo deur tuinier vermoor

Argieffoto: www.pinterest.com

Argieffoto: www.pinterest.com

ʼn Man van Isipingo, naby Durban, is dood nadat sy tuinier hom na bewering tydens ʼn rusie vermoor het.

Nadarajan Nayager (65) is Woensdag dood by sy huis aangetref. “Sy hande was vasgebind en hy het verskeie beserings gehad, “ het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, Vrydag gesê.

Volgens Zwane het die polisie vasgestel dat Nayager en sy tuinwerker ʼn argument gehad het, waarna die tuinier hom erg aangerand en met sy selfoon gevlug het.

“Ons het die 67-jarige verdagte se spoor gevolg en hom in Malakazi, naby Isipingo, in hegtenis geneem op aanklag van moord. Die oorledene se selfoon was in sy besit,” het Zwane gesê.

Zwane het gesê die motief vir die moord is nog onbekend. Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Durban-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DPJ ·

Liewe Heksie, ‘n saak het drie kante. Die een kant die ander kant en die waarheid. Die vraag is hoekom een weg hartloop? Wil hy nie sy kant sel nie? Óf is hy bang vir die waarheid?

Sus ·

Lyk my dis deesdae die norm om jou werkgewer dood te maak as jy ongelukkig is oor die loon. Wonder net waar gaan more se loon dan vandaan kom…….

Dee ·

Jy sê as jy ongelukkig is oor die loon
maar wat as jy daarna ongelukkig is oor jou werkgewer se foon?

Nelia heynecke ·

Ou man vermoor ander ou man! Waar kom sy loon dan vandaan?

Henri ·

Mense lees mooi, Die een wat nog leef kon tten minste 2 jaar gelede al afgetree het. hy het nie meer nodig om vir loon te werk nie. Hy gaan seker vir die res van sy lewe in die Staatshotel ingeboek word en ons gaan hoeveel nou weer per dag vir sy verblyf betaal? # zuma must fall, ditto CANCer dan# bring die hangtou !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.