Man glo deur vyf verdagtes verkrag

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in die Vrystaat is op soek na vyf verdagtes van Makwane naby Phuthaditjhaba wat glo ʼn 31-jarige man verkrag het.

“Die mans wou hom glo beroof en toe hulle niks by hom kon vind nie, het hulle besluit om die man te verkrag,” het sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die 31-jarige man was Maandagaand omstreeks 21:00 op pad van Phuthaditjaba Industrial II na Lusaka, Makwane, toe hy oorval is. Die polisie ondersoek ʼn saak van verkragting.

“Ons doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap om in groepe te loop na en van hul werksplek tydens die aand,” het Mophiring bygevoeg. “Die gemeenskap word versoek om die Makwane-polisie te kontak by 058 713 4454 indien hulle enige verdere inligting oor die voorval het.’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

gatiep ·

Nou raak die land mal geen wonder ons kry nou al tornados ook hier nie.
As mans die dag moet bang wees hulle word verkrag?

Stem ·

Hahahaha. ….ja nee wragties gatiep,jy mag dit weer sé@!!!!

Koos ·

Sodra ek dink dit ek het nou alles gesien en gehoor dan kom die duiwels en sy aanhangers met iets erger dit is wat gebeur as jy nie jou kinders met dissipline en goeie waardes grootmaak nie.

Johann ·

Absolute disrespek vir self en die beginsel van lewe! Siek!!!!! Nog meer die “regverdiging” wat wastskynlik voorgrhou gaan word? Van disadvantaged tot APARTHEID tot Jan vsn Riebeek.

alrea ·

as mens ses jaar kry vir moord dan kan mens seker skotvry kom vir verkragting. after all, wat is n hond se lewe werd in hierdie land vaan dubbele standaarde en korrupsie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.