Man glo doelbewus in motor doodgebrand

‘n Foto van die toneel in Limpopo (Foto: Verskaf)

ʼn Man is Saterdagmiddag dood nadat gemeenskapslede van Tubatse in Limpopo na bewering die reg in eie hande geneem en hom glo in sy motor doodgebrand het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê gemeenskapslede het na bewering ʼn anonieme wenk ontvang dat drie mans beoog om ʼn winkel in die omgewing te beroof.

Ngoepe sê die gemeenskapslede het daarna op die drie mans, wat in twee voertuie gereis het, toegeslaan. Twee van die mans het daarin geslaag om te ontsnap.

“Die gemeenskapslede het na bewering die twee mans wat kon vlug se voertuig heeltemal uitgebrand nadat hulle die derde man binne sy motor doodgebrand het,” sê hy.

Volgens hom is die oorledene 29 jaar oud en van die ga-Mashamothane-nedersetting naby Burgersfort.

Die Limpopo-polisie het dié voorval ten sterkste veroordeel. Ngoepe sê die polisie wil ʼn streng waarskuwing aan lede van die gemeenskap rig om hulle te weerhou van sulke moorde omdat dit gemeenskapspolisiëring ondermyn en teen die Grondwet is.

Die polisie het ʼn saak van moord en twee sake van die kwaadwillige beskadiging van eiendom aangegee. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigeen met meer inligting oor die voorval word versoek om kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 te bel.

‘n Foto van die toneel in Limpopo (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Christopher ·

Middag
Ek verstaan nie so lekker nie.
Die eerste pic is die van n sedan motor reg
Die pic aan einde van berig is van n bakkie.
Nou ek heeltemal deurmekaar.

smurfie ·

Daar was 2 voertuie betrokke. En altwee is uitgebrand. Lees net weer die berig

Alida 2 ·

Christopher, lees weer stadig.
Soos ek dit het is die 2 verdagtes wat gevlug het se voertuig uitgebrand asook die derde verdagte saam met sy motor

Christopher ·

Middag

Sorry, weer mooi gelees, ai die oë
Dankie
Chris

Chris Ws ·

Snaaks dat gemeenskapslede weet van ‘n beplande rooftog maar die polisie NIE?Dit wys net dat daar G E E N vertoue in die polisie is nie.

Hallo ·

What the .. nou vra ek jou . hierdie saak gaan stil stil verdwyn . maar die trekker moord is op alle blaaie as ‘n rassistiese wrede moord afgemaak deur ‘n witman .. hierdie mob justice werk soos ‘n bom .. niemand word ooit in hegtenis geneem nie, en indien wel, is hulle die volgende oggend uit .. Brand iemand in sy kar uit en jy loop, druk jy hom ‘n in doodskis sit jy 14 jaar. Wat het van moord en poging tot moord geword? SAAKBESKADIGING?

honourable member ·

Die gemeenskap is moeg vir al hierdie kriminele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.